Total Pageviews
Monday, 19 December 2011
Kaktusse kan ook blommetjies wees
Vra maar my man, hy beplan partykeer goed sonder om vir my te vertel, dan word ek onsettend befoeterd. Se ten minste vir my vooruit sodat ek kan beplan, of weet wat gaan volg. Nie dat my man dit opsetlik doen nie, hy het 'n baie goeie hart en altyd 'n glimlag op sy gesig. Hy verdien eintlik iemand beter as ek ... kan nog onthou toe ons jare terug 'n gesprek gehad het, ons was seker bietjie meer as 'n jaar saam, oor hoe mense verander as hulle eers die dag getroud is. Vra maar enige man wat al 'n geruime tyd getroud is, hulle blommetjie verander later in 'n kaktus. Die rekmerke of ekstra liefdes-vetjies van gemak wat met kinders, tyd of ouderdom kom maak die eens volmaakte prentjie van vrouwees effe gekraak. Ek hoor daar is blykbaar mans wat van so iets hou, maar dink daardie sogenaamde mans is net 'n mite.
Met vandag se tegnologie kan enige iets verwyder word, ekstra vetjies wat weggesmelt kan word, rekmerke en pigmentasie wat weer perfekte vel kan word, alles met 'n klein plasie se prys. So het 'n paar manne al pamflette geneem van my vet-verwyderings-besigheidjie en gese hulle wil dit vir hulle vrouens neem ... "Meneer, weet jy watse klap gaan jy kry?"... Se eerder jy het gedink een van hulle vetter vriendinne kan daarvan gebruik maak, en as sy dalk noem sy wil so ietsie oorweeg se dan eerder "As jy wil my lief, maar jy is perfek nes jy is"... so sal ons mekaar taktvol probeer verander. Om dalk jou kaktus weer in 'n blommetjie te laat verander.
Mans is maar ingestel op die visuele en ons vrouens op al die ander goed, nou nie dat ons 'n mooi man nie sal waardeur nie ... ons is geneig om ons "kaktusse" water te gee en te versorg.
Op die einde van die dag wil ons almal net aanvaar wees, met al die ekstra bultjies en lewens-spore op ons lywe. Die kaktussie sal vanaand styf langs haar man gaan le en net lief wees vir hom en probeer om my dorings (humeur en alle ander foute) te laat verdwyn, al kan ek nie die belofte wat ek gemaak het voor ons getroud is om nie te verander nie, nie nakom nie. Sal maar soos alle ander vroue weer Maandag begin met reg eet (ek kan NIE die woord dieet gebruik nie, dan v(e)reet ek weer) in die hoop om weer EENDAG vir my man soos 'n blommetjie te kan lyk. Wat ons vrouens net nie alles sal probeer nie.
Sunday, 11 December 2011
Die werklikheid van strepies
Dit is iets wat mens nie kan voorspel nie ... Daardie strepie wat vir ons almal iewers getrek is ... Dit help ook nie dat ek nie minder rook nie en ek weet daar hartkwale in ons familie is ...
'n Hele paar jaar terug het ek my ouers se hande afgerol met my printer ... Dit is dalk die simpelste ding om te doen, maak kan jy onthou hoe jou oorle ouma of oupa se hande gelyk het of hoe groot dit was? Al ooit gewonder hoe het jou voorsade gelewe en wat hulle op 'n daaglikse lewe gedoen en ervaar het. Dit is iets waaroor ek nogal wonder ... Oor wat hul gewoonder het wat le voor vir die toekoms ...
Dit is seker maklik om my op te som ... Vol nonsens soos enige ander vrou, net my verpakking wat bietjie haelskade opgedoen het langs die pad en natuurlik by tye iemand wat jou ore van jou kop af kan praat en soms net wil stilwees ... Die wens vir die huisie met die sogenaamde 'white picked fence', die normale ...
Maar die werklikheid is dat alles nie altyd beskore is vir 'n mens vir wanneer JY self dink die tyd is reg daarvoor nie. En soos meeste wanneer jy g@tvol is vir sente omdraai en hoop more is 'n beter dag. Tog is ek dankbaar vir alles in my lewe ... My man wat 'n wonderlike s'n vir humor het en liefde uitdeel (en soms sy geld blaas op ander wat dit meer nodig het as ons) ... Lief hom so baie ek huil sommer ... Nee voor julle dalk dink ek het dronkverdriet, my koffie is nie gedokter nie ... My oudste dogter wat heeltyd net wil dans en lag ... Alhoewel ons nou deur die hardkoppige stadium gaan van haar menswees is hierdie mamma baie lief vir haar ... My baba wat my hart vul met nuutgevonde liefde, nie gedink sy sou ooit 'n werklikheid word nie ...
Dan is ek bevoorreg om wonderlike skoonsusters te he, elk met 'n unieke manier van wees wie hulle is. Skoonouers met wie ek goed oor die weg kom, ka jy het reg gelees, nie almal het skoonouers gestuur van onder uit die donker nie.
Dan is daar my ouers, die mense wat my help vorm het ... Nie die hardeg@t gedeelte nie, dit het ek self gekweek. Het hulle natuurlik al baie gryshare veroorsaak, maar dit maak deel van goeie herinneringe.
Dan is daar my broer wat verloof is aan 'n fantastiese vroutjie, hulle sal mekaar goed aanvul. Soos 'n prentjie wat amper klaar ingekleur is.
Vir die wat al geliefdes verloor het, weet dat hulle sekerlik 'n lang briefie sou los as hul geweet het van hulle strepies. Maar dit is wat saakmaak vandag, voordat jou strepie getrek word, maak seker jy deel liefde uit sodat jy nooit berou sal he nie. Spyt kom altyd te laat ...
Sent via BlackBerry
Monday, 5 December 2011
Vredemaak is 'n moet.
Het gedink dat my man se ma ook al genoeg met hom gepraat het oor klere wat rondle ... Dit hou net nooit op nie. Maak ek die huis aan die kant bly dit so vir seker 'n uur, dan lyk dit weer of 'n orkaan dit getref het.
Die dag wat die kinders uit die huis gaan sal die huis seker skoon bly, ook net tot daar eendag kleinkinders is ...
Hoekom is dit 'n al ewige stryd, ek is nou net mooi gatvol. Ook bygese dat die jongste ook nog later moet bykom waar mamma agter haar ook nog moet gaan optel. Ek onthou jare terug toe ek van ons vriende se stout kinders gesien het ek en manlief gese het 'ons kinders sal eenvoudig pakslae kry as hulle so stout is'. En nou, nou is dit erger en het die oudste die vermoe om te luister heeltemal die pad byster geraak.
Ja dit sal seker iewers beter gaan ... Nou verstaan ek ook hoekom 'n gedeelte van my ouers se besluit was om ons koshuis toe te stuur. 'n Gedeelte van my lewe wat ek nooit ooit weer wil oor he nie. Was ook nog nooit terug na die dorpie toe om te gaan 'inloer' nie. Wat is die punt daarvan in elk geval.
Wil so bitter graag die geheim weet hoe ouers dit regkry om nie in die malhuis te beland nie. Dalk moet ek begin stilswye ontwikkel, nog nie iets wat ek probeer het nie. Sal dalk beter wees vir my gemoed ook, en miskien leer ek intussen geduld ook aan.
Ek is so onsettend dankbaar vir twee gesonde kinders en almal wat in my lewe is, so die alternatief vir al my frustrasies hierbo is 'n fase waardeur ek seker is baie vroue al gegaan het. So ek sal vrede daarmee moet maak en maar net moet aangaan ...
Sent via BlackBerry
Friday, 2 December 2011
Dobbel soos die wind
Dis maar die ding van dobbel, jy weet nie wat wanneer gaan gebeur nie ... Jou eerste keer wat jy 'n wind los voor jou geliefde is net so ... Nadat dit gebeur weet jy nie hoe om die sitiasie te hanteer nie. Ek praat nou nie van die mense wat so perfek is en dit nie voor mekaar doen nie. Ek onthou toe dit die eerste keer met my gebeur het, kon nie eers 'n stoel of 'n leersitplek vir die geluid(tjies) blameer nie en ook geen wegkom kans nie ... In die bakkie net toe liefie inklim. Net 'n ongemaklike glimlag en (blosend) '...skies...'.
So raak mens later so gemaklik met mekaar dat dit nie meer snaaks is nie.
Soms is dit juis daardie geluidtjies wat mense vinnig afbring aarde toe, die mense wat eksie perfeksie wil voorkom. Dit is natuurlik, maar moet net asseblief nie die reuke deel nie. Daardie reuk wat jou oortuig 'n bees is nou geslag reg langs jou.
As ons almal so onsettend beskaafd sou wees sou ons seker gelyk het soos Etopiers met opgeblaasde punt-magies ... Dan is hier seker 'n paar omies wat so beskaafd is, shame, moet ongemaklik wees.
Dit is uit en uit soos dobbel ... Jou tydsberekening moet reg wees asook die plek. Daar is geen toejuiging as jy 'wen' nie, net skewe kyke ... Geen drukkies om te se goeie geluk nie ... Dis die vinnigste manier om mense uit 'n vertrek te kry ... So wanneer jy ongewensde gaste kry, voer hulle koolbredie en kyk hoe lank hulle bly.
Sent via BlackBerry
Wednesday, 23 November 2011
Lugkastele en rooiwyn
Kom ek verf gou my lugkasteel ... My eie gebou (nie 'n gehuurde plek nie), waar ek my mooi-maak-goedjies kan doen, van slimming tot naels. Dan ook 'n kuierrplekkie waar die mans kan uitspan terwyl die vroue ge-'treat' word. Hmmm, corkage-fooi dalk of 'n bring en braai plekkie. Dit is die ding van drome, dalk net dalk word dit waar ... Sal dit nou 'n ding wees.
Is die droom so onwerklik om half en half te kan aftree op die ouderdom van 42. Dis 'n volle tien jaar van nou af. Kry ek sommer lag vir myself. Toe ek en my man getroud is het ek vir hom gese "Nog net soveel jaar dan is jy veertig!". Maggies ons is al daardie verjaarsdag verby vir hom, maar hy is soos goue rooiwyn, raak net lekkerder met ouderdom. En ons vroue kan ook raak soos rooiwyn, as ons te lank alleen gelos word word ons suur. Dan is ek sekerlik 'n mengelmoes van ouderdomme, lekker by tye en suur by ander.
Ok, die wat my nie ken nie, ek is nog 'n degie ... Ja die soort wat jy gebruik om mee te bak en brou ... Ek sukkel al jare lank om 'n groot besluit te maak. Die besluit of ek 'n koek of 'n tert moet wees. Hang seker maar af in wie se geselskap ek is ... Ai, dis harde werk vir my, nou verstaan ek hoekom die degie so paar maande terug gerys het ... Het te veel verander in 'n tert, as ek koekerig was het ek seker 'n streep krummels in 'n streep agter my gelos. Hmmm, die nonsens wat ek soms kan kwyt raak.
G'n wonder my man verstaan my nie alslag nie, met 'n deurmekaar koppie soos myne wat ek self nie alslag verstaan nie, moet my man 'n medalje kry. Die dag wat ek genoieg geldjies maak sal ek enige tyd vir hom 'n Suzuki superbike koop. Ai, verlang ek nou terug na daardie dae ...'n storietjie vir 'n ander dag.
Sent via BlackBerry
Wednesday, 9 November 2011
Coca-cola-melk-koppie
Wanneer raai jy iemand aan om van 'n produk of diens gebruik te maak? Tog sekerlik as jy dit self gebruik. Soos die engelsmanne se 'the proof is in the pudding' ...
Soos ek al genoem het begin ek 'n besigheid(jie) ... Gaan dit eers van die huis af bedryf, in die hoop eendag iemand te kry wat dit vir my kan bestuur. Moet tog onthou om die boek klaar te lees van Robert Kiyosaki, 4 quadrants. Die man praat mos gedurig van die rot-resies van ons bestaan. Koop maar sy eerste boek, Rich Dad, Poor Dad ... Baie insiggewend.
Ek wil bele in my kinders se toekoms, in 'n land waar meeste van ons kinders nie weet of hulle met 'n graad 'n werk sal kry nie of selfs die land oor die waters gaan opsoek.
In vandag se tyd is dit verseker, daar sal altyd 'n mark wees vir drank, kos en hoop-om-maerder-te-word-produkte. Die diens wat ek eersdaags gaan aanbied is nie 'n vinnige oplossing nie, hoe kan ek jou maerder maak en jy dan net daarna huistoe gaan en jou mond volprop om dit wat afgehaal is weer terug te sit. Nou kom ek alweer terug na taktvol wees ... Ai, sal maar myself moet gebruik as 'n voorbeeld. Ten minste sal ek self ook van die sessies deurgaan om te kan bewys dit werk.
Intussen is my koppie maar lekker deurmekaar ... Dink aan soveel goed gelyk dat ek gister aand amper coke in my koffie en melk by manlief se brandewyn gegooi het. 'Jy moet fokus my kind!' ... Kan maar net lag vir myself. Dis 'n wonder ek het nog nie 'n foutjie gemaak soos op die aand van my kombuistee en manlief se 'bachelors' nie ... 'n vriend wat amper soos manlief lyk het by die vuur gebuk en kiepie (na 'n paar doppies en hoofpyn wakker geword het) het ek aan die verkeerde man gevat ... Maar ten minste is drank darem nie die rede vir my deurmekaar koppie nie, so ek twyfel sterk of so iets OOIT weer sal gebeur.
Maar nou moet ek eers wegspring met die alledaagse dingetjies, voordat ek my weer neerplak vir my rot-resies.
Sent via BlackBerry
Wednesday, 26 October 2011
Boogskiet vir die sport/s
My man het so 'n hele paar weke begin rondkrap oor die "sport" boogskiet. Die gogga het my nou ook beetgepak. Eers het ons drie keer gery Langebaan toe na 'n winkel wat 'n paar boE aanhou. Dit het my toe nie op daardie stadium gefasineer nie. 'n Paar weke later het, nadat ons een aand Boer soek 'n vrou gekyk het, het ek aan manlief uitgewys dat daar 'n plek naby Stellenbosch is waar jy kan gaan skiet. So is daar op die internet rondgekrap en was my man baie beindruk met die hulpvaardigheid.
So is ons toe een Saterdagoggend Outdoor Safari toe en het hulle vir my man 'n boog opgestel. Eers bietjie gesukkel om 'n boog te kry vir sy trek-lengte, maar opgestel en 'n skoot of twee gevuur. Selfs die aanvanklike prys tussen die twee winkels het verskil met omtrent R3000.
Kyk, in ons huis is ons beslis vleis-eters van formaat, maar ek weet nie of ek dit oor my hart sal kan kry om 'n bok te skiet nie. Ek sal eerder teikenskiet, maar tog is ek nuuskeurig of ek dit sal kan doen.
So kom Desember en manlief kry hopelik die keer 'n veertiende tjekkie, sal ons albei dalk 'n boog he. Boogskiet is blykbaar 'n sport wat min mense beoefen, maar wag maar tot die regering hoor van dit, dan sal daar ook lisensiegelde betaalbaar wees.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!