Total Pageviews

Friday, 30 December 2011

Die jaar is op sy rug!

Nog een dag en 'n bietjie oor van 2011 en so baie het gebeur, van werkloos wees, mismoedig, depressief, vet en swanger, gelukkig, verward, teleurgesteld, ag seker alle emosie denkbaar.

Ons het so vier jaar terug toe ons oudste ses maande oud was oujaarsaand spandeer by vriende van ons wat nog paartjies genooi het met babas. Dit was toe ons nog in Brackenfell gewoon het. Moet se dit was so lekker, en wonder hoeveel mense ook al so iets gedoen het. So verander vriendskappe ook wanneer 'n mens kinders het. Sekere vriendskappe verdwyn in die niet, ander blom op omdat hulle ook kinders het of omdat kinders lekker saamspeel.

Mis nogal baie van ons kaapse vriende, nie dat daar iets fout is met die weskus mensies hier nie. Seker ook omdat ons ook nie werklik uitgaan om mense te ontmoet nie.

Ek is opgewonde vir wat voorle vir die nuwe jaar en weet dat die fabriek nog lank nie toe is wat die sout uitdeel nie. Elkeen kry sy beurt om saam sout op te eet, soms soveel dat mens wonder wanneer kry dit einde. Hoe dit ookal sy, mens kom sterker anderkant uit of net meer vol plooie.

Mag die komende jaar vir julle almal net goed inhou wat mooi is, jul sterker maak en die wereld om jou 'n beter plek maak. En as jy worstel met moeilike besluite en jy twyfel oor enige iets is die antwoord altyd nee!

Mag ons almal gespaar bly deur Sy genade!

Liefde en Groe(n)te
Ekke
Sent via BlackBerry

Thursday, 29 December 2011

Van brandewyn tot omo

Gisteraand staan ek en was die skottelgoed en die kraan drup-drup en die volgende oomblik spoeg die kraan met een hengse geluid ... Ook maar goed my maag is nie los nie, andersins was onse yskas versier met meer as die water.

Dit is die ding van skrik ... Wanneer jy 'n geluid nie verwag nie. So ook het ek een aand voordat ons gaan slaap het baba se bottels klaargemaak en manlief besluit toe mos om te se 'pssst', ek het my amper uit my geloof geskrik en manlief het natuurlik lekker gelag.

So het ons ook mos 'n kleine probleempie gehad destyds in Kathu met reenspinnekoppe en my man het al gaan slaap terwyl ek nog besig was om te bad. So kom ek in die kamer in en streel die agterkant van sy been. Nog nooit het ek iemand gesien wat van vas slaap tot kierts-regop in die bed staan gesien nie. Hy het gedink dis een van die spinnekoppe wat oor hom loop.

Ek weet nie was dit is met ons en die klein gediertes nie. Hier waar ons nou huur is roman spinnekoppe en vetlyf-skerpioene. My arme kind kan nie eers in die sand speel nie want daar is te veel skerpioen-gate. Het jy al ooit gesien hoe skarrel twee volwassenes rond wanneer 'n roman spinnekop besluit hy kom by die voordeur in. Ons het een aand laat een gekry en hom bespuit met gif, maar toe ons hom soek in die hoek waarheen hy gehardloop het, is hy weg. Ons het hom nou nog nie gekry nie.

So het ook al gehoor dat hier nogal redelik slange in die omgewing is, maar ek kan net dankbaar wees ons het nog nie so iets gekry of gesien nie.

So is ons almal bang of versigtig vir sekere goed, ek hou nie van creepy-crawlie-goed nie. En tog is daar mense wat die goed aanhou as troeteldiere. Ek sou nie omgee om 'n luislang te he as troeteldier nie, maar dan gaan ek nie hoef te wonder waarheen my katte verdwyn het of hoekom my skoonma nie kom kuier nie.

Hopelik sal die nuwe jaar wat voorle en die jaar-kontak wat ons nog oorhet in die huisie 'n jaar wees SONDER die gediertes wat so ongenooid in die huis inkom. En nerens kry ons raad hoe om ordentlik ontslae te raak van die skerpioene nie, van 'plant gras' tot 'strooi as om die erf'. En ek gaan beslis nie brandewyn op die grond uitgooi en hoop hulle 'either' steek hulself dood of raak gesuip en verdwaal na die bure toe nie.

Ek sal eerder die brandewyn drink en hoop 'n brandewyn-asem hou hulle weg. Dalk 'n half-jakkie wegsteek in die omo-boks onder die wasbak ook vir wanneer ek 'n kalmeermiddeltjie nodig het vir die skrik.
Sent via BlackBerry

Tuesday, 27 December 2011

Hulp vir depressie en angstigheid

0800 12 13 14 SADAG of the South African Depression and Anxiety group. Dit was op die nuus vanaand van soveel mense wat in die tyd jaar meer depressief voel en angstig is oor finansies vir komende maand en jaar.

Ek kan nogal dink dat mense depressief kan voel, want Januarie-maand is vir vele 'n bitter lang maand. As ek reg is is daar nog vier weke en twee dae oor voor meeste mense weer 'n salaris ontvang en as jy nie mooi met jou geld gewerk het nie kan dit soos 'n ewigheid voel.

So het my man nog twee weke oor van vakansie en dit voel nie soos 'n vakansie nie. Ons bring tyd deur by die huis en 'n klaende kind elke dag in die huis laat die lonte al hoe korter word. Dan is daar ons motor wat ook 'n bekommernis is, die het besluit om sluk-sluk minder krag uit te sit wat nogal frustreurend kan wees as mens nie die fout is nie. Dit help natuurlik ook nie as ek as onkundige vrae vra oor dinge waarvan ek niks weet nie, al probeer ek maar net belangstelling toon. Die slotsom van daardie storietjie is dat ek maar my stompg@t neus uit die motorbedryf moet hou en motors maar net van 'n afstand moet bewonder.

So wonder ek wat meeste van ons die tyd volgende jaar gaan dink oor nog 'n jaar wat verby is. Gaan ons voel dat dit 'n goeie jaar was of 'n jaar van nog berou en die 'as ek maar net...' Se-ding sal uiter.

So droom ek nog steeds van die R5 miljoen wat ons gaan wen en wens maar drome kon soms 'n werklikheid wees. Dejavu's beleef baie van ons en soms kom ek by 'n plek oof selfs 'n gebeurtenis en voel asof dit al vantevore gebeur het en of jy al daar was. Kan nogal 'freaky' voel, maar ek is seker dit het al baie mense gebeur.

Maar wie het al ooit 'n dejavu beleef wat depressie betref. Niemand vra daarvoor nie, maar dit gebeur sonder om iemand uit te sonder. Ek hoop werklik as enige van julle so voel en daar niemand is met wie jy kan praat nie of jy opkrop tot dit voel of jy kan bars, skakel asseblief iemand wat nie sal oordeel nie en weet hoe daardie donker gat kan voel. So skakel die nommer wat bo-aan die blog is en maak seker jy plaas jou geluk en rus vir jou siel eerste. 'n Ongelukkige gees of siel maak beslis nie 'n gelukkige jy nie en jy verdien om'n gelukkig te wees! Al dink jy dalk nie so nie ...
Sent via BlackBerry

Monday, 26 December 2011

'n Plekkie vir damwalle

Jy weet daar is 'n probleempie, net 'n klein enetjie, wanneer jy die badwater uittap ... bietjie sit en sodra jy uitklim, die sluise van die damwal gebreek is en al die water haastig uitlaatprop se kant toe beweeg. Dan weet jy jou damwalle is te groot ...

Nee kyk, Januarie maand is 'n lang een soos almal weet, sal maar minder my mond moet volstop en plan moet maak met my damwalle, hangende susters en al. Een van die mooi dae hoef ek nie meer my romp tot by my kniee moet lig om vir my man te flash nie, maar sal my broekspype moet begin toeknyp met wasgoedpennetjies. Dit is darem nie rerig so erg nie, gelukkig is daar darem nog wonder-bra ... nou nie dat ek een besit nie, ek dra sommer AC kermans se specials en hoop hulle doen die trick.

Ek sit darem nie meer aan die matte vas wanneer ek loop nie, dansy die voetskuurdertjie ... dan moet ek nog planmaak om weereens van my gewoonte af te leer om my senuwees nie te wys nie, aka ophou naels vreet ... ek weet nie hoekom ek net nie van daardie gewoonte kan ontslae kan raak nie ... ek sal maar weereens 'n pakke vals naels moet aanskaf ...Soveel keer belowe ek myself dit is nou die laaste keer wat ek my naels gaan kou, maar net een skeurtjie en dis verby.

So is dit die dag na Kersfees en sien ek uit na die week wat voorle ... wil die huis van hoek tot kant skoonmaak vir die nuwe jaar wat voorle ... so soortvan 'n "nuwe" begin ... 'n nuwe begin van probeer om nie net koffie saam met 'n sigaret vir ontbyt in te neem nie, porsies kleiner te maak en nie uit 'n klein bordjie eet en dan twee keer skep nie, wat help dit dan ... nie lekkergoed probeer eet nie, maar wanneer die lus werklik druk 'n slab tjoklik in een "go" verorber ... ek wonder wat is 'n nuwejaarsvoorneme nou eintlik ... 'n "wens" wat jy het en hoop jy kry dit reg, in daardie geval is my nuwejaarsvoorneme om die lotto te wen ... nie te veel nie net so R250 000 en so klein bietjie ekstra om huis te koop ... ja skuld is 'n lelike ding, maar blykbaar het 'n mens gewoonlik motorskuld en huisskuld ... ons het nog nie eens 'n huis nie en die skuldbedrag blyk soos 'n berg voor ons te staan ... iewers sal ons daar uit kom. Ek kry net mense vreeslik jammer wat hul motors of huise verloor. Mens kry mos maar mense wat eenvoudig alles net mee goed gaan, ander wat wip-plank ry en ander wat sukkel om bo uit te kom.

So het almal ons plekkie in die wereld, almal het ietsie wat hul vermag, maar niks is onmoontlik nie, solank jy glo jy kan ...

Sunday, 25 December 2011

Ho-Ho-Ho

Die jaar is amper alweer verby en die Kersdag wat werklik heerlik. Eers kon ek nie opkom vanoggend nie, dit is van al die laat slaap en die tussen-deur opstaan vir baba en dan vroeg wakker wees. Die gevolg ek het, nadat baba weer aan die slaap geraak het, tot kwart voor elf geslaap. Ja ek weet die dag is dan amper verby, maar ek het dit soooo nodig gehad.

Van 'n groot dik varkrib, gebraaide "gammon", heerlike aartappelgereg, groentegereg, verskillende klein nageregte en dit alles gemaak vir Kersdag. Die kinders het gisteraand kersgeskenke oopgemaak. Die geskenke was so baie dat ek nie behoorlik tyd gehad het om te sien wie het wat gegee nie en gevolglik ook nie kon dankie se vir die of daai spesifieke geskenk nie. Moes maar net dankie se wat seker die belangrikste is. Baba het die oulikste klere gekry en by aanstaande skoonsus die oulikste olifantjie wat giggel as jy die toutjie trek.

Ek het iets gekry wat ek bitter lank wou he, 'n voetskuurder, ja daardie dingetjie wat wondere verrig met growwe hakskene. Manlief het 'n Jeep-hemp gekry en het die sommer dadelik aangetrek. Sekerlik een van sy gunsteling "name-brand"kledingstukke.

So kry ons so baie en dink ek aan 'n program wat ek gisteraand net na twaalf gesien het. Arme apies wat gevange geneem word vir toetsing en die arme diertjies word so mishandel. Al wat ek nou nog voor my sien is die twee baba-apies wat aan mekaar vasklou van bangwees in 'n hok. Hoe kan mense so wreed wees! En hier sit ons vandag met oogklappe aan met wat in die wereld aangaan. Van vroue wat verkrag word, kinders wat gemolesteer word, diere wat mishandel word, mense wat geld of goed steel wat nie aan hulle behoort nie of net kanse vat en hoop hulle kom weg met alles.

Ek weet baie mense volg nie altyd die nuus nie, dit kan so depressing wees, maar dit kan ook insiggewend wees om ons oge te laat oopgaan. So terwyl kersvader ho-ho-ho en geskenkies aandra is daar kindertjies wat niks het nie, nie eers 'n mamma of pappa wat hulle kan vashou en hulle trane afvee nie. Daar is dalk mense wat hul geliefdes verloor het in die tyd en tragedie moet verwerk. Maar aan almal hoop ek werklik dat jy volgende jaar meer jou seeninge kan tel en nou al beplan om geskenkies of kospakkies op te maak vir die minder bevoorregde mense. Ouer mense wat in ouetehuise is het hul pensioen, 'n skrale bedraggie waarmee hul hul toiletware moet koop en selfs sigarette vir die wat rook. So maak nou al skoenbokse bymekaar en kontak jou naaste ouetehuis of kinderhuis en hoor ongeveer hoeveel mans / vrouens / seuns / dogters daar is en kry 'n paar vriende om pakkies op te maak. Dit kan 'n verskil maak in nie net jou lewe nie maar in ander se lewens ook.

So ho-ho-ho aan om die liefde en goeie dade te versprei!

Tuesday, 20 December 2011

Twyfeling & Vooruitsigte

Ek het so twee weke gelede mos my eerste advertensie in die koerant geplaas vir my klein besigheidjie. Daar het nogal 'n hele paar mense navraag gedoen. Die een vrou het behoorlik die wind uit my seile gehaal toe sy my vra "are you a trained beautician?", jong vrou, ek kan al 'n klein motortjie koop met al die geld wat ek uitgegee het op vals naels en haarkleur. Ek kan jou goed vertel wat om NIE te doen nie.

Ek krap vanaand op die rekenaar rond om te kyk hoeveel dit gaan kos net om ietsie meers agter my naam te kry as dit wat voor my naam staan (Mevrou). Nou ja, nie gedink ek sal ooit weer lus wees vir studeer nie, maar die moontlikheid om my te begewe in iets waar ek darem bietjie meer kennis kan inwin sal seker nie skade doen nie en iets waarna ek nogal uitsien. Soos my man altyd se "wat nie doodmaak nie, maak vet".

Net om kennis in te win deur die internet plat te "surf", sal nie 'n sertifikaat of diploma vir my gee nie. Maar kennis is iets wat niemand kan wegvat van jou nie. Die kennis wat die ou mense darem nie het nie, nie net oor hoe om kinders groot te maak nie, maar al die boere-rate wat aangeleer is deur die voorgeslagte. Een boere-raad wat my man aangeleer het, wat my pa gekry het by my oorle ouma, is turlington en kondensmelk wat jy drink op 'n nugter maag. Glo my dit klink nie net erg nie, maar ruik ook glad nie lekker nie. Dit help vir 'n maagsweer. Alhoewel op die botteltjie turlington staan, "nie vir inwendige gebruik nie".

Wou al binnehuise versiering ge"swot"het, of selfs "business management", weet nie hoekom ek dit nie gedoen het nie.

Ek het vroeer vandag daaraan gedink dat kinders wat op skool is meestal meer geleerd is as sommige volwassenes. Die goed wat hulle vandag leer, leer die ouers saam met hulle, so ons beurt wag nog om weer te begin skool toe gaan. So ek en my man gaan dubbeld so slim word. Van Wiskunde tot onse nuwe geskiedenis. Wonder of van die kinders nog weet wie Jan Van Riebeeck was, hulle ken seker net vir Harry (as dit nou weer sy naam was) die Strandloper. Sies nou is ek lelik.

Ek sal vir seker 'n kursus moet loop in Stress Management, Time Management en Communication Skills. Ek het 'n tekort daaraan, veral as my stresvlakke so hoog word omdat ek nie genoeg tyd het om alles te doen nie en dan 'n kommunikasie-gaping veroorsaak en ek nie weet hoe om uiting te gee aan my frustrasies nie.

So wou ek mos vandag begin om weer van die vet-smelting-masjientjie gebruik te maak, maar het besluit om eers te wag totdat ek gereed is om daad-werklik alles in te sit. Dit help nie ek maak gebruik van die toestelletjie en ek eet nie reg nie. Kyk maar net al die samoesas wat ek vandag verorber het en dink een hoenderboudjie vir aandete sal help om nie die ekstra vetjies te laat vassit nie. "Brain, mind & body"dit moet mos alles saamwerk om 'n sukses van enige iets te maak. Of is dit nou "brain, soul & body", ag maak nie saak nie. Soos ek baie keer vir my dogter se "kan nie is dood van kruiwa stoot en willie is agterna, en Willie is jou oupa", so ja daar is nie 'n rede hoekom ek dit nie kan regkry nie. Op die stadium is dit net pure luiheid. Ja daar erken ek dit, ek is te lui om dadelik te begin. Seker ook omdat ek weet oor kerstyd met al die lekker kosse en poedings gaan ek nie my emosionele-etery kan keer nie.

Ek is darem opgewonde oor 'n vooruitsig vir einde Januarie-maand. Ek gaan eerste hands ervaar hoe rekmerke verwyder word en ook pigmentasie (vlekke) op my gesig laat verwyder. En dit te danke aan iemand wat dit verniet vir my wil doen. Net die moontlikheid dat my maag nie meer hoef te lyk soos 'n streepsak wat gebleik en geskeur is nie sit al klaar 'n glimlag op my gesig. Ek gee nie om dat daar nog rekmerke op my bene sit nie, dit kan maar as herinnering dien wat yo-yo diete veroorsaak.

Nou ja, genoeg gebabbel vanaand, laat ek maar nog 'n sigaret opsteek en my gaan neerplak voor die televisie. Dit langs my man wat al vir bietjie meer as 'n uur le en balke saag.

Monday, 19 December 2011

Versorg jou boek

Dit is waar dat ons vrouens meer woorde in 'n  dag praat as mans, maar nie my man nie, hy praat soms meer as ek ... hoe het Thys die Bosveldklong eenkeer gese "bel maar as jy moet pappa"... nou daardie een is uit en uit my man, maar eerder "praat maar as jy moet my bokkie"...

Ai, ek onthou nog die eerste keer toe hy vir my gese het "bokkie"... wat 'n eienaardige gevoel ... ek is mos nie 'n bok nie ... so het ons almal ons troetel naampies vir mekaar en so ook weet jy wanneer die troetelnaampies verdwyn dat dit wat gespreek word met alle erns bedoel word.

Ek het nou eers terug gekyk op hoeveel ek al kwyt geraak het op die blog en kon nie my oe glo toe ek sien ek het al 54 inskrywings gemaak nie. Nie dat ek elkeen weer oorgelees het nie, ek raak vies vir myself as ek al die spelfoute sien ... Ek is seker iewers moes ek seker ook al soos 'n vasgehaakte plaat geklink het, mens plaas mos soms goed op die net en lees dit nie weer nie. Nou ja, dis ek daai.

Laasweek het ek 'n iemand ontmoet, 'n vrou met 'n fantastiese persoonlikheid. Sy gesels so lekker en lag ook so lekker. Dit is wonderlik om sulke mense te ontmoet en weet dat daar nog mense daar buite is wat plat op die aarde is en net kan "wees". As julle verstaan wat ek bedoel.

Eerste indrukke is mos blywend, ek moes dit al iewers gese het, en van die wonderlike mens wat ek eers ontmoet het oor die telefoon en toe later in lewende lywe, sou mens moontlik nie kon se as jy haar net op die oog-af sien dat sy so 'n wonderlike persoonlikheid het nie. Dit is die ding wat ons tog so graag doen, "judge a book by its cover". Ek sidder om te dink wat die mense van my moet se as hulle my die eerste keer sien.

As ons iewers moet kuier is ek gewoonlik eers stil tot ek gemaklik raak in my omgewing en dan een of twee persone kry waarmee ek lekker kan gesels. So ook is ek seker is ons vroue dalk dieselfde in sekere opsigte as dit kom by eerste ontmoetings ... ek is geneig om te veel van myself te wees in party situasies en wat met afkeur dan aangekyk word. Kyk maar na die vrouens wat dink hulle is beter as ander, dalk oordat jy nie die regte klere aanhet, of grimering dra nie. Daardie dames wat lyk of hulle nou net uit 'n tydskrif geklim het en neergeplaas is, so asof die omgewing ge"stage"is vir hulle.

Ek waardeur darem ook soos enige man, 'n mooi vrou, nou nie dat ek uit die kas gaan klim nie ne! Vroeer was ek onsettend jaloers as my man rondgekyk het en besluit maar basta daarmee, ek gaan hom "join" (Ooo wee, die engelse woorde darem tussen in) ... so het sy rondkyk verminder en nie meer pret was as ek altyd moes uitwys hy het iets gemis nie. Kyk daardie is nou werklik uit en uit 'n nuttelose storie, om jaloers te wees, jy maak jouself moeg vir wat? As hy gaan rondkyk gaan hy dit met of sonder jou medewete doen, en die wat bang is sy of haar eggenoot gaan rond"kuier", hulle gaan dit doen of jy nou jouself moegmaak van jaloesie of nie. Laat hulle hul gang gaan, daar is niks wat jy aan die situasie kan doen nie, so hou op jaloers wees.

Is dit wat party mense uitmekaar dryf? Jaloesie ... omdat ander boeke se buiteblaai meer aanloklik gelyk het omdat die jaloesie-kwessie te veel geword het ... hou op om na ander boeke te soek en hou by jou eie, daardie buiteblad waarna jy kyk het jy tog self uitgesoek en gekies met 'n troetelnaam. Die inhoud van baie boeke is nog nie voltooi nie en die einde bly 'n raaisel. Vul daardie boek van begin tot einde met inskrywings wat jy weer en weer wil lees ...

Kaktusse kan ook blommetjies wees

Al ooit gewonder hoe 'n vrou se kop werk ... ek probeer dit nog elke dag self uitwerk. Ons is komplekse wesens, soveel so dat ons onsself nie verstaan nie. Blameer dit op die hormone, ouderdom net wat jy wil, maar daar is altyd 'n manier om 'n vrou kwaad te maak, of jy dit opsetlik doen of nie.

Vra maar my man, hy beplan partykeer goed sonder om vir my te vertel, dan word ek onsettend befoeterd. Se ten minste vir my vooruit sodat ek kan beplan, of weet wat gaan volg. Nie dat my man dit opsetlik doen nie, hy het 'n baie goeie hart en altyd 'n glimlag op sy gesig. Hy verdien eintlik iemand beter as ek ... kan nog onthou toe ons jare terug 'n gesprek gehad het, ons was seker bietjie meer as 'n jaar saam, oor hoe mense verander as hulle eers die dag getroud is. Vra maar enige man wat al 'n geruime tyd getroud is, hulle blommetjie verander later in 'n kaktus. Die rekmerke of ekstra liefdes-vetjies van gemak wat met kinders, tyd of ouderdom kom maak die eens volmaakte prentjie van vrouwees effe gekraak. Ek hoor daar is blykbaar mans wat van so iets hou, maar dink daardie sogenaamde mans is net 'n mite.

Met vandag se tegnologie kan enige iets verwyder word, ekstra vetjies wat weggesmelt kan word, rekmerke en pigmentasie wat weer perfekte vel kan word, alles met 'n klein plasie se prys. So het 'n paar manne al pamflette geneem van my vet-verwyderings-besigheidjie en gese hulle wil dit vir hulle vrouens neem ... "Meneer, weet jy watse klap gaan jy kry?"... Se eerder jy het gedink een van hulle vetter vriendinne kan daarvan gebruik maak, en as sy dalk noem sy wil so ietsie oorweeg se dan eerder "As jy wil my lief, maar jy is perfek nes jy is"... so sal ons mekaar taktvol probeer verander. Om dalk jou kaktus weer in 'n blommetjie te laat verander.

Mans is maar ingestel op die visuele en ons vrouens op al die ander goed, nou nie dat ons 'n mooi man nie sal waardeur nie ... ons is geneig om ons "kaktusse" water te gee en te versorg.

Op die einde van die dag wil ons almal net aanvaar wees, met al die ekstra bultjies en lewens-spore op ons lywe. Die kaktussie sal vanaand styf langs haar man gaan le en net lief wees vir hom en probeer om my dorings (humeur en alle ander foute) te laat verdwyn, al kan ek nie die belofte wat ek gemaak het voor ons getroud is om nie te verander nie, nie nakom nie. Sal maar soos alle ander vroue weer Maandag begin met reg eet (ek kan NIE die woord dieet gebruik nie, dan v(e)reet ek weer) in die hoop om weer EENDAG vir my man soos 'n blommetjie te kan lyk. Wat ons vrouens net nie alles sal probeer nie.

Sunday, 11 December 2011

Die werklikheid van strepies

Sooos wat ek hier sit het ek 'n aaklige gevoel op my bors en half naargevoel in my binneste ... Wat as ek more-oggend nie weer wakker word nie ... Sal my kinders weet hoe oneindig lief ek hulle het, dieselfde geld vir my wonderlike man wat my alles is en ook almal wat na aan my hart is ...

Dit is iets wat mens nie kan voorspel nie ... Daardie strepie wat vir ons almal iewers getrek is ... Dit help ook nie dat ek nie minder rook nie en ek weet daar hartkwale in ons familie is ...

'n Hele paar jaar terug het ek my ouers se hande afgerol met my printer ... Dit is dalk die simpelste ding om te doen, maak kan jy onthou hoe jou oorle ouma of oupa se hande gelyk het of hoe groot dit was? Al ooit gewonder hoe het jou voorsade gelewe en wat hulle op 'n daaglikse lewe gedoen en ervaar het. Dit is iets waaroor ek nogal wonder ... Oor wat hul gewoonder het wat le voor vir die toekoms ...

Dit is seker maklik om my op te som ... Vol nonsens soos enige ander vrou, net my verpakking wat bietjie haelskade opgedoen het langs die pad en natuurlik by tye iemand wat jou ore van jou kop af kan praat en soms net wil stilwees ... Die wens vir die huisie met die sogenaamde 'white picked fence', die normale ...

Maar die werklikheid is dat alles nie altyd beskore is vir 'n mens vir wanneer JY self dink die tyd is reg daarvoor nie. En soos meeste wanneer jy g@tvol is vir sente omdraai en hoop more is 'n beter dag. Tog is ek dankbaar vir alles in my lewe ... My man wat 'n wonderlike s'n vir humor het en liefde uitdeel (en soms sy geld blaas op ander wat dit meer nodig het as ons) ... Lief hom so baie ek huil sommer ... Nee voor julle dalk dink ek het dronkverdriet, my koffie is nie gedokter nie ... My oudste dogter wat heeltyd net wil dans en lag ... Alhoewel ons nou deur die hardkoppige stadium gaan van haar menswees is hierdie mamma baie lief vir haar ... My baba wat my hart vul met nuutgevonde liefde, nie gedink sy sou ooit 'n werklikheid word nie ...

Dan is ek bevoorreg om wonderlike skoonsusters te he, elk met 'n unieke manier van wees wie hulle is. Skoonouers met wie ek goed oor die weg kom, ka jy het reg gelees, nie almal het skoonouers gestuur van onder uit die donker nie.

Dan is daar my ouers, die mense wat my help vorm het ... Nie die hardeg@t gedeelte nie, dit het ek self gekweek. Het hulle natuurlik al baie gryshare veroorsaak, maar dit maak deel van goeie herinneringe.

Dan is daar my broer wat verloof is aan 'n fantastiese vroutjie, hulle sal mekaar goed aanvul. Soos 'n prentjie wat amper klaar ingekleur is.

Vir die wat al geliefdes verloor het, weet dat hulle sekerlik 'n lang briefie sou los as hul geweet het van hulle strepies. Maar dit is wat saakmaak vandag, voordat jou strepie getrek word, maak seker jy deel liefde uit sodat jy nooit berou sal he nie. Spyt kom altyd te laat ...
Sent via BlackBerry

Monday, 5 December 2011

Vredemaak is 'n moet.

Tel jou speelgoed op, sit teug jou klere in jou kas, trek vir jou iets warm aan, moenie hardloop nie jy gaan seerkry, moenie die plante se blare breek nie, moenie op die banke spring, moenie raas nie jou sussie slaap ... Dit is wat my arme kind die heeldag hoor ... Moenie, moenie, moenie en wanneer ek vir haar se sy mag maar stilsit, mag maar haar speelgoed optel werk dit ook nie. Al wat sy baie goed verstaan is wanneer ek vir haar se sy mag maar net in haar pantie rondloop.

Het gedink dat my man se ma ook al genoeg met hom gepraat het oor klere wat rondle ... Dit hou net nooit op nie. Maak ek die huis aan die kant bly dit so vir seker 'n uur, dan lyk dit weer of 'n orkaan dit getref het.

Die dag wat die kinders uit die huis gaan sal die huis seker skoon bly, ook net tot daar eendag kleinkinders is ...

Hoekom is dit 'n al ewige stryd, ek is nou net mooi gatvol. Ook bygese dat die jongste ook nog later moet bykom waar mamma agter haar ook nog moet gaan optel. Ek onthou jare terug toe ek van ons vriende se stout kinders gesien het ek en manlief gese het 'ons kinders sal eenvoudig pakslae kry as hulle so stout is'. En nou, nou is dit erger en het die oudste die vermoe om te luister heeltemal die pad byster geraak.

Ja dit sal seker iewers beter gaan ... Nou verstaan ek ook hoekom 'n gedeelte van my ouers se besluit was om ons koshuis toe te stuur. 'n Gedeelte van my lewe wat ek nooit ooit weer wil oor he nie. Was ook nog nooit terug na die dorpie toe om te gaan 'inloer' nie. Wat is die punt daarvan in elk geval.

Wil so bitter graag die geheim weet hoe ouers dit regkry om nie in die malhuis te beland nie. Dalk moet ek begin stilswye ontwikkel, nog nie iets wat ek probeer het nie. Sal dalk beter wees vir my gemoed ook, en miskien leer ek intussen geduld ook aan.

Ek is so onsettend dankbaar vir twee gesonde kinders en almal wat in my lewe is, so die alternatief vir al my frustrasies hierbo is 'n fase waardeur ek seker is baie vroue al gegaan het. So ek sal vrede daarmee moet maak en maar net moet aangaan ...
Sent via BlackBerry

Friday, 2 December 2011

Dobbel soos die wind

Kyk vanoggend na die PowerBall nommers op die kaartjie wat ek gister gekoop het ... 5 reg in verskillende lyntjies, 'n volle R323080 wat versreid le op die verkeerde plekke.

Dis maar die ding van dobbel, jy weet nie wat wanneer gaan gebeur nie ... Jou eerste keer wat jy 'n wind los voor jou geliefde is net so ... Nadat dit gebeur weet jy nie hoe om die sitiasie te hanteer nie. Ek praat nou nie van die mense wat so perfek is en dit nie voor mekaar doen nie. Ek onthou toe dit die eerste keer met my gebeur het, kon nie eers 'n stoel of 'n leersitplek vir die geluid(tjies) blameer nie en ook geen wegkom kans nie ... In die bakkie net toe liefie inklim. Net 'n ongemaklike glimlag en (blosend) '...skies...'.

So raak mens later so gemaklik met mekaar dat dit nie meer snaaks is nie.
Soms is dit juis daardie geluidtjies wat mense vinnig afbring aarde toe, die mense wat eksie perfeksie wil voorkom. Dit is natuurlik, maar moet net asseblief nie die reuke deel nie. Daardie reuk wat jou oortuig 'n bees is nou geslag reg langs jou.

As ons almal so onsettend beskaafd sou wees sou ons seker gelyk het soos Etopiers met opgeblaasde punt-magies ... Dan is hier seker 'n paar omies wat so beskaafd is, shame, moet ongemaklik wees.

Dit is uit en uit soos dobbel ... Jou tydsberekening moet reg wees asook die plek. Daar is geen toejuiging as jy 'wen' nie, net skewe kyke ... Geen drukkies om te se goeie geluk nie ... Dis die vinnigste manier om mense uit 'n vertrek te kry ... So wanneer jy ongewensde gaste kry, voer hulle koolbredie en kyk hoe lank hulle bly.
Sent via BlackBerry

Wednesday, 23 November 2011

Lugkastele en rooiwyn

Never let your current circumstances define who you are ... Dit laat my nou dink aan die spotprentjie van die padda met sy voorpote om die reier se nek om nie ingesluk te word nie 'never give up' ...

Kom ek verf gou my lugkasteel ... My eie gebou (nie 'n gehuurde plek nie), waar ek my mooi-maak-goedjies kan doen, van slimming tot naels. Dan ook 'n kuierrplekkie waar die mans kan uitspan terwyl die vroue ge-'treat' word. Hmmm, corkage-fooi dalk of 'n bring en braai plekkie. Dit is die ding van drome, dalk net dalk word dit waar ... Sal dit nou 'n ding wees.

Is die droom so onwerklik om half en half te kan aftree op die ouderdom van 42. Dis 'n volle tien jaar van nou af. Kry ek sommer lag vir myself. Toe ek en my man getroud is het ek vir hom gese "Nog net soveel jaar dan is jy veertig!". Maggies ons is al daardie verjaarsdag verby vir hom, maar hy is soos goue rooiwyn, raak net lekkerder met ouderdom. En ons vroue kan ook raak soos rooiwyn, as ons te lank alleen gelos word word ons suur. Dan is ek sekerlik 'n mengelmoes van ouderdomme, lekker by tye en suur by ander.

Ok, die wat my nie ken nie, ek is nog 'n degie ... Ja die soort wat jy gebruik om mee te bak en brou ... Ek sukkel al jare lank om 'n groot besluit te maak. Die besluit of ek 'n koek of 'n tert moet wees. Hang seker maar af in wie se geselskap ek is ... Ai, dis harde werk vir my, nou verstaan ek hoekom die degie so paar maande terug gerys het ... Het te veel verander in 'n tert, as ek koekerig was het ek seker 'n streep krummels in 'n streep agter my gelos. Hmmm, die nonsens wat ek soms kan kwyt raak.

G'n wonder my man verstaan my nie alslag nie, met 'n deurmekaar koppie soos myne wat ek self nie alslag verstaan nie, moet my man 'n medalje kry. Die dag wat ek genoieg geldjies maak sal ek enige tyd vir hom 'n Suzuki superbike koop. Ai, verlang ek nou terug na daardie dae ...'n storietjie vir 'n ander dag.
Sent via BlackBerry

Wednesday, 9 November 2011

Coca-cola-melk-koppie

Ek bevind my in 'n warboel van emosies ... Opgewondenheid, skepties, hoopvol ... Om maar net 'n paar te noem.

Wanneer raai jy iemand aan om van 'n produk of diens gebruik te maak? Tog sekerlik as jy dit self gebruik. Soos die engelsmanne se 'the proof is in the pudding' ...

Soos ek al genoem het begin ek 'n besigheid(jie) ... Gaan dit eers van die huis af bedryf, in die hoop eendag iemand te kry wat dit vir my kan bestuur. Moet tog onthou om die boek klaar te lees van Robert Kiyosaki, 4 quadrants. Die man praat mos gedurig van die rot-resies van ons bestaan. Koop maar sy eerste boek, Rich Dad, Poor Dad ... Baie insiggewend.

Ek wil bele in my kinders se toekoms, in 'n land waar meeste van ons kinders nie weet of hulle met 'n graad 'n werk sal kry nie of selfs die land oor die waters gaan opsoek.

In vandag se tyd is dit verseker, daar sal altyd 'n mark wees vir drank, kos en hoop-om-maerder-te-word-produkte. Die diens wat ek eersdaags gaan aanbied is nie 'n vinnige oplossing nie, hoe kan ek jou maerder maak en jy dan net daarna huistoe gaan en jou mond volprop om dit wat afgehaal is weer terug te sit. Nou kom ek alweer terug na taktvol wees ... Ai, sal maar myself moet gebruik as 'n voorbeeld. Ten minste sal ek self ook van die sessies deurgaan om te kan bewys dit werk.

Intussen is my koppie maar lekker deurmekaar ... Dink aan soveel goed gelyk dat ek gister aand amper coke in my koffie en melk by manlief se brandewyn gegooi het. 'Jy moet fokus my kind!' ... Kan maar net lag vir myself. Dis 'n wonder ek het nog nie 'n foutjie gemaak soos op die aand van my kombuistee en manlief se 'bachelors' nie ... 'n vriend wat amper soos manlief lyk het by die vuur gebuk en kiepie (na 'n paar doppies en hoofpyn wakker geword het) het ek aan die verkeerde man gevat ... Maar ten minste is drank darem nie die rede vir my deurmekaar koppie nie, so ek twyfel sterk of so iets OOIT weer sal gebeur.

Maar nou moet ek eers wegspring met die alledaagse dingetjies, voordat ek my weer neerplak vir my rot-resies.
Sent via BlackBerry

Wednesday, 26 October 2011

Boogskiet vir die sport/s

Ek is vreeslik opgewonde, en ek weet ek moenie my verwagtinge te hoog plaas nie maar kan dit nie verhelp nie.
My man het so 'n hele paar weke begin rondkrap oor die "sport" boogskiet. Die gogga het my nou ook beetgepak. Eers het ons drie keer gery Langebaan toe na 'n winkel wat 'n paar boE aanhou. Dit het my toe nie op daardie stadium gefasineer nie. 'n Paar weke later het, nadat ons een aand Boer soek 'n vrou gekyk het, het ek aan manlief uitgewys dat daar 'n plek naby Stellenbosch is waar jy kan gaan skiet. So is daar op die internet rondgekrap en was my man baie beindruk met die hulpvaardigheid.

So is ons toe een Saterdagoggend Outdoor Safari toe en het hulle vir my man 'n boog opgestel. Eers bietjie gesukkel om 'n boog te kry vir sy trek-lengte, maar opgestel en 'n skoot of twee gevuur. Selfs die aanvanklike prys tussen die twee winkels het verskil met omtrent R3000.

Kyk, in ons huis is ons beslis vleis-eters van formaat, maar ek weet nie of ek dit oor my hart sal kan kry om 'n bok te skiet nie. Ek sal eerder teikenskiet, maar tog is ek nuuskeurig of ek dit sal kan doen.

So kom Desember en manlief kry hopelik die keer 'n veertiende tjekkie, sal ons albei dalk 'n boog he. Boogskiet is blykbaar 'n sport wat min mense beoefen, maar wag maar tot die regering hoor van dit, dan sal daar ook lisensiegelde betaalbaar wees.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Thursday, 20 October 2011

Woorde wat gespreek word is gevaarlik!

'n Stilbek is 'n heelbek ... Dit is hoekom ek nie TE gereeld inskrywings maak op my blog nie.

Hou 'n wag voor jou mond ... As jy nie iets mooi van iemand kan sE nie, bly eerder stil ... My humeur is een van die goed wat 'n vreeslike kort lont het, maar ek werk daaraan. Ek het gister net twee keer my humeur verloor, waar die getal per dag gewoonlik heelwat hoEr is. Ten minste probeer ek om dit te beteuel.

Die boek wat ek besig is om lees handel oor vloeke, vloeke wat gespreek word deur ander mense oor jou lewe, oorerflike vloeke, vloeke wat deur God op jou pad gestuur word en vloeke wat deur Satan na jou gestuur word.

Dit laat my wonder hoekom soveel van my ma se familie in die maand Junie oorlede is, maar ek is in Junie gebore. My pa se familie is meestal dood op 'n "jong" ouderdom, veertigs of vyftigs. Dit is nie te sE dat daar vloeke rus wat bogenoemdes betref nie, dit het my bloot aan die dink gesit.

Jy is veronderstel om die volgende te doen: belei jou sondes uit volle berou voor Jesus; vra om vergifnis; vra dat die vloek/e wat op jou gebring is deur jou sondes in die naam van Jesus Christus verwyder en verban word uit jou lewe.

Kyk, ek is nie 'n prediker nie, ek het ook sondes en is beslis nie 'n lopende engeltjie nie. Tog is daar mense wat onmedewetend 'n vloek op 'n mens plaas of jy het dalk 'n aandenking gekoop waarop 'n vloek rus. Dink bietjie mooi, wanneer presies het armoede of egskeiding 'n realiteit geword ... Nadat iemand iets daaroor gepraat het en daarna het alles "down-hill" begin gaan. Verbreek daardie vloek ...

Die mense wat ek al vervloek het is ek werklik jammer oor en sal vra dat dit wat ek gespreek het verwyder en verbreek sal word.

Nou verstaan ek eers wat beteken "plaas 'n wag voor jou mond" werklik ...

En nee, dit was nou nie 'n preek nie, net iets om oor na te dink ...
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Tuesday, 27 September 2011

Ouderdom en Tyd vlieg

Die einde van die week is in sig en die dae voor die einde van die jare kom met 'n drafstap nader. Kan nie glo dit is alweer amper sewe weke terug wat ons kleine wonderwerkie op aarde geplaas is nie.

So word ons ook ouer, nie altyd wyser nie, maar die jare vlieg onsettend baie. Waar is die jare toe jy nog gedink het iemand van sy middel twintigs is oud en iemand in sy dertigs en veertigs is al oor die muur. Hier is ek al in my dertigs en my man in sy veertigs en nie een van ons voel 'n dag ouer, in gees, as agtien nie. Jy begin oud voel wanneer mense vir jou tannie begin se, of jy nie seker is wanneer jy na die teenoorgestelde geslag kyk watter ouderdom hulle is nie. Ek kry enkellopende mense half jammer, want jy kan dalk iemand in die oog he net om uit te vind hulle is amper die helfte van jou ouderdom.

Nie dat ouderdom deesdae werklik 'n rol speel nie. Veral wanneer 'n man 'n jonger vrou neem, maar 'n vrou wat 'n jonger man neem word as 'n "cougar" gesien. Ai tog, die aanvaarbaarheid van die algemene mensdom en norm wat verskil.

Solank jy jou lewe geniet en besef die tyd staan stil vir niemand nie, kan jy maar vir jou 'n pasmaat vind, deksel vir jou pot, maak nie saak watter ouderdom dit is nie ... Maak net seker dit is 'n wettige ouderdom, weet nie of almal borggeld kan bekostig nie.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Gemaskerde Eerste Indrukke

Staan vanoggend voor die spieel en sien die plooie word merkbaar meer. Daar is allerhande rome en pille om die proses te vertraag, iets wat ek al oorweeg het maar nog nie probeer het nie.

Is dit moontlik dat eerste indrukke altyd blywende indrukke kan wees. Nadat ons Survivor gisteraand gekyk het dink ek tog dit is iets wat nie werklik blywend is totdat jy die persoon leer ken. Eerste indrukke is beslis nie blywend nie, vra maar jou ouers ... Die eerste dag toe jou ma jou vasgehou het kon sy beslis nie insien dat jy haar 'n kop vol gryshare sal gee nie.

Al ooit jou grimering aangesit en jou wang jeuk nadat jy klaar die skottelgoed gewas het ... Dan is daar 'n merk van 'n "ander" kleur, tensy jy die baie duur onderlaag kon bekostig wat perfek pas by jou gelaat. So is dit wanneer mense jou leer ken, meestal mooi en goed op die oppervlak, totdat daar 'n "nat vinger" getrek word en jou ware kleure begin wys. Nie dat dit wat onder die oppervlak sleg is nie, net ware vriende weet jy is nie skaam om sonder jou "kleure" deur hulle gesien te word nie.

So het ek al gesien die blykbare sterk, stil "baas" kon maar sy grimering gelos het, dit neem nie altyd lank om te sien wanneer mense deursigtig en oppervlakkig is wanneer dit kom om as 'n man sonder "balls" gesien te wees nie. Ek is nou wel 'n vrou gelukkig gebore sonder daardie bestandeel, maar ek dink ek wil vir hom vir Kersfees twee ysterballe gaan koop en 'n briefie bysit wat sE "hier is myne ek sien jy het joune verloor". En ek sal dit persoonlik gaan aflewer sonder grimering, want duidelik was my gemaskerde eerste indruk nie so deursigtig soos ek gehoop het nie.

So hier is die uitdaging, gaan een dag werk toe sonder jou grimering en as iemand vra hoekom lyk jy so bleek antwoord eenvoudig net "ek het nie geweet watteer masker om aan te sit vandag nie ...". Ek weet van mense wat dink niemand kan deur hulle maskers sien nie ... Maar duidelik het hulle nog nie die kuns bemeester om hul masker dikker aan te plak nie.

So of jou masker vol plooie is en jy soos ek gehuur kan word om kinders bang te maak in die weeshuis, wees asseblief beleef teenoor ander maskers ... Jy weet nooit wat daar onder skuil nie.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Wednesday, 14 September 2011

Waar daar 'n rokie trek, daar is ek!

As ek kon, sou ek seker 'n fabriek wou he, nie enige tipe nie, maar 'n sigaret-fabriek. Ook maar goed ek het nie een nie, sou my profyt oprook.

Ek onthou toe skelm rook nog lekker was. Ja ek was uitgevang op skool, en die koshuis van alle plekke. Tog het ons ons wekkertjies gestel om twee uur in die oggend op te staan en in die badkamers te gaan staan en rook. En moenie vergeet om jou hand oor die kooltjie te hou nie, die tannie oorkant die pad "split" op ons rokers. Of soos die keer wat die Kos-moeder 'n sigaret voor die bed van een van my kamermaats gesit het ... Sy het dood-luiters die oggend voor ontbyt die sigaret teruggegee en gese "dis nie my brand nie".

So ook het ons ons sigarette weggesteek in die begrafplaas. Die goed wat mens net nie aanvang as mens jonk is nie. Daardie jare het ek R20 sakgeld 'n week gekry en nou kos my pakkie al veel meer as dit per dag. En wanneer daar nie geld is vir sigarette nie dreig ek weer om te begin pyp rook. Ja, vrouens kan ook pyp rook. Ek het gehou van Cherry-tabak, maar dit sou beslis nie gewerk het om dit skelm te rook in die koshuis nie. Daardie reuk hang bitter lank in die lug.

Om te dink ons betaal mos 'sonde-belasting' op drank en sigarette ... Nou hoekom betaal die dames van die nag en hulle kliente nie ook 'sonde-belasting' nie? Seks buite die huwelik is mos ook sonde ... Maar dit maar daar gelaat.

Ek raak ook moeg wanneer mense vir my preek oor my rokery ... "Het jy geweet ...?" Begin dit gewoonlik, dan wil ek byvoeg, "dat ek nog nie gedink het om iets sterkers te rook as sigarette nie ...". Dit het my nog nooit gefasineer om dit te probeer nie. En ja my ouers het my 'n goeie preek gegee oor my rokery. My ma het nog gese, wat ek glo gese is voor sy gedink het, "plaas dat sy eerder drink" ... Seker oor die normale persoon eenkeer kuier, dronk raak en dan vir 'n lang ruk daarna dit los ... Nee, 'n bottel brandewyn elke dag sou van my 'n swakker leerder gemaak het ... Sien hoe goed onthou kinders goed wat hulle nie moet nie ...

Wanneer die 'nood' rerig druk het ek al na droe grashalmpies gestaar en wonder ... "Hoe sal julle proe ...". So as jy die oggend opstaan en jou gedroogde gras is weg, dit was dalk ek. Nou sal ek maar opstaan voor die hele 'klas' en uiter ..." My naam is (nie nou ter sprake nie) en ek is 'n smoke-aholic ...".
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Kinders-kry is maklik!

Dit is nou al vyf weke sedert my dogtertjie in die wereld gebring is ... Die tyd vlieg so vinnig!

Ek is net dankbaar die buik-pyne, seer rug en lekkende borste is verby. Dit het my amper drie weke geneem om te herstel van die keiser. Tog wonder ek hoe ander mammas dit doen wat nog steeds aanhou borsvoed en self ouers wat meer as drie kinders het.

My vierjarige het besluit sy raak slimmer en het sement in die ore wanneer ek of my man met haar praat. Of soos die se-goed waarmee sy vorendag kom wanneer sy vroeer moet gaan slaap, soos "maar ek soek net julle liefde" ... Slim-kind en hou haar dom en luister met 'n fyn oor wanneer daar van haar gepraat word. Oumas en oupas kan maar praat tot hulle blou is om ook te vra dat sy moet luister, maar soos ek genoem het, het sy 'sement' in die ore. Sy gooi al 'n tantrum wat ek as tiener nie eers sou waag nie ... Sy het al mooi die pols-aksie geleer hoe om 'n deur agter haarself toe te klap nadat sy haar gaai gewip het. Maar natuurlik is 'n pakslae kort op haar hakke en sy is vinnig om haar boude vas te hou en te se sy sal nie weer nie.

Dit blyk my ons almal leer om so slim te wees van jongs af. Ook maar goed ek het nie die sambok waarmee ek en my broer pak gekry het nie. Dan sou ek seker al 'n saak van aanranding teen my gehad het. Om tot tien te tel werk ook nie meer nie, die volgende is maar dat ek oorpluisies gaan moet kry en oogklappe, want vet weet ...

So ook kan ek darem sien my grote maag het aansienlik kleiner geraak, natuurlik te stadig na my sin ... Ek moet myself elke keer help onthou dat dit nog net vyf weke is en ek na ses weke kan begin oefen. Of is dit nou na tien weke vir die van ons wat 'n keiser gehad het, nee ek hou maar by ses ...

Die stilte in die oggend wanneer beide kinders slaap is bitter-soet ... Dit herinner my ek moet nog twee bondels wasgoed was, speelgoed optel, kombuis skoonmaak en nog die beddegoed aftrek, aangesien my oudste vanoggend vroeg langs manlief ingekruip het en besluit dit is die plek om te piepie ... Hoe HET my ma dit gedoen destyds? Ek twyfel of ek enigsins soeter as my oudste kind was ...

Ek dink die skole kan van onse 'jong' moederrs kry om praaitjies te hou by die skole en presies verduidelik hoe dit is om 'n baba te he ... Van die ongemak aan die einde, die kraam-proses, die vet-wees na die tyd, die nagte se opstaan en die verantwoordelikheid ... Die advertensies romantiseer die idee van kinders-kry en soos iemand eenslag genoem het oor die advertensie op die kraam-broekies ...'Jy gaan nie so lyk na die tyd nie' ...

Maar nou-ja, so is die lewe ... Neem maar elke dag soos dit kom, more is dit dalk makliker en beter ...
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Wednesday, 7 September 2011

Rugby, Bier en Braai

En so breek daar weer 'n seisoen aan, die rugby-seisoen ... kyk ek weet nie veel van rugby se reels af nie, maar weet hoe om te skree vir WP en die Springbokke ...

Wat is dit met sport wat mense so geesdriftig maak? Kyk maar die toeskouers wat sokker kyk, veral oorsese toeskouers. Die mense raak so vasgevang in die oomblik dat daar oproerigheid ontstaan as hulle span verloor. As dit moes gebeur in Suid-Afrika sou ons seker meer mans gesien het met blou-geslaande oe of wangbene, of selfs met minder tande. Is dit hoekom hier so baie mense in die Wes-kaap is met min voortande? Nie dat ek se WP speel ALTYD swak nie. 

Ek raak gewoonlik vies vir ou Schalkie, maar moet bieg dit is seker een van die min mense se name in rugby wat ek werklik ken. Ek sal ook nie uit my pad gaan om seker te maak ek mis nie 'n rugby-wedstryd nie ... as ons seker meer vriende gehad het wat rugby volg en elke keer 'n geleentheid maak daarvan sou dit seker anders gewees het.

Braai, bier en rugby is amper een en dieselfde ding en wanneer jou span verloor het en jy daaroor huil blameer dit op dronkverdriet ... Hmmm, dink nou net as hulle SAB geheel en al verban soos hulle sigaret-advertensies verban het en jy nie meer mag drink by die rugby-geleenthede nie ... dit sal die Suid-Afrikaanse ekonomie 'n lelike knou gee.

Daar is tog niks lekkerder as 'n bietjie en 'n sigaret nie ... vir die van ons wat rook, bygese. Dit is amper soos beskuit sonder koffie ... So is rugby soms 'n anti-klimaks wanneer die spanne nie na wense speel nie ... Ook maar goed ou Naas speel nie meer nie, ek kan nog onthou hoe hy destyds net heeltyd wou skop ... die bal was meer heen en weer geskop as wat daar werklike spel was ... maar miskien was ek te jonk om rerig te onthou, so dit maar daar gelaat.

Wonder of rugby geblameer kan word om mense na drank te dryf, of na onsienlike dade soos onse arme Joosie ... Ja dit is al ou nuus, maar ek dink darem nie hy hoef sy werk te verloor het as gevolg van sy streke nie. 

So sal dit maar eenmaal wees in Suid-Afrika en sal van ons manne se passie maar eens en vir altyd wees ... braai, bier en rugby ... ek weet net nie so mooi van die dansende poppies nie, wat hulle met rugby uit te waai het weet ek nie ... seker om die nie-belangstellende vrouens saam te MOET neem, aangesien mammie daarop aangedring het, net om seker te maak pappa hou sy oog op die "game" en nie die poppies langs die veld nie ...

Monday, 5 September 2011

Alledaagse dingetjies

Die begin van 'n nuwe week en ek sien uit daarna. Nie dat daar enige iets buitengewoons moet gebeur nie, behalwe dat dit amper Vrydag is.

Wasgoed in die wasmasien, skottelgoed gewas, kamers is so te se aan die kant, maar daar is nog 'n klein orkaan in my sitkamer. Mens moet versigtig wees wat jy jou kinders leer, die het ek weereens besef. Om my vier-jarige te kry om speelgoed op te tel het ons altyd vir haar gese ouma of oupa kom kuier. Dan het sy vinnig weggespring en skoongemaak. Nou-dat ek vra dat sy haar speelgoed optel omdat ek die huis aan die kant wil kry, bly sy vra wie gaan kom kuier.

Ek is seker as dit haar pa se gereedskap was wat rondgele het, het sy nog moontlik oorweeg om die goed op te tel. Dit is iets wat haar ure besig hou ... Gereedskap. Los maar die duur speelgoed en laat die kinders in die motorhuis speel.

So besef ek ook weereens ek is bevoorreg, al sukkel ek dat my oudste haar klein deeltjie bydra, dat ek by die huis kan wees by my kinders. Daar is so baie ma's wat moet gaan werk en hul kinders in ander se sorg laat. Alhoewel my oudste my soms teen die mure kan uitdryf. Sal hopelik volgende jaar kyk om haar so halfdag in 'n na-sorg te plaas sodat sy meer maatjies het om mee te speel.

So is dit maar die alledaagse dinge soos doeke omruil, kosmaak en skoonmaak wat my besig hou. En so is dit ook ander mense wat se alledaagse dinge bestaan uit ander mense se probleme oplos of 'n diens te lewer. Hoe dit ookal is in jou daaglikse bestaan, geniet wat jy doen en geniet dit terwyl jy kan.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Thursday, 1 September 2011

Aardbewings in kilogramme getel

Staan vanoggend voor die spieel en kyk na die spinnerak van rekmerke oor my maag ... Stilweg hoop ek die 'Gelukkige Gebeurtenis'-roompies doen sy werk.

Dan draai ek sodat ek myself van die kant af kan sien ... Jip die borste sit nog bietjie hoog, maar ook net omdat ek wag dat die melk moet opdroog ... Daarna kan ek vir my man 'flash' deur net my broekspyp of romp bokant my knie op te lig ...

Ook maar goed ons woon nie in die ruimte nie, dan sou die 'twee susters' my seker dan agter die kop geklap het as ek moes rondspring waar ek wou wees.

Wat moederskap en ouderdom dan net nie aan die lyf kan doen nie.

Probeer die roompie, daardie pilletjie en wanneer dit nie werk nie het jy eintlik vergeet dat jy meer gesond ook moes eet. Ek hou glad nie van die woord dieet nie ... As ek op 'n dieet gaan, tel ek meer gewig op, net omdat ek NIE sekere goed mag eet nie wil ek dit dan eet. Dit wat ek sien DI-EET ek, is hoe dit dan gewoonlik gaan.

Ag wat, sal die gewig-storie een kilogram op 'n slag vat ... Dit is darem nie of ek in 'n kompetisie nie, ek doen dit egter vir myself. Ek kry mense so jammer wat vyftig kilogram of meer moet verloor, maar so ook het ek al gewonder hoe gebeur dit dat hulle nie agterkom dat hulle soveel gewig optel nie ... Dit is seker as jy 'n "blinde-oog" gooi op die werklike probleem en maak of dit nie bestaan nie.

Ek sal maar elke oggend voor die spieel gaan staan en myself op die boud klap en 'n pep-talk gee ... Nie meer lank nie, jy kan dit doen! En die dag wat my boud nie meer terug-klap nie, dan sal ek weet ek is op die regte pad. So intussen sal ek myself weerhou om die 'bootie-shake' te doen, andersins gaan daar elke oggend 'n ligte aardbewing wees in die Weskus ...
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Saturday, 27 August 2011

Kinders en tyd

Hoekom is dit so maklik om tot laat te kuier en vroeg op te staan sonder moeite as daar nie kinders is nie?

Wanneer die kinders eers daar is raak tyd vir ons belangrik en weet ons presies hoeveel slaap ons verloor het. Met my eerste kind het ek getel hoeveel slaap ek ingekry of verloor het, maar met die tweede skat ek net hoe lank dit is na haar volgende voeding.

Verlore tyd is wanneer jy besef jou kind/ers het so vinnig groot geword en jy voel jy dit gemis het, al het dit voor jou oe gebeur.

Ek kon nie wag dat my oudste dogter begin praat nie en nou babbel sy so baie dat daar geen einde is nie. Dus wees versigtig waarvoor jy wens.

Soms voel dit vir my of ek die lewe te vinnig omwens en vergeet om die tyd hier en nou te geniet. Ja dit is nie alslag lekker om te sukkel met 'n baba wat tandesny nie, maar die tyd gaan ook verby waar hulle jou vertroosting so erg soek.

Daar is dan ook mense wat verkies om nie kinders te he nie, wel hulle besluit, maar die van ons wat kinders het, het al baie gewonder wat ons met ons tyd aangevang het voor hulle daar was. Of selfs nie ons lewens kan indink sonder hulle nie.

Dit is nie alslag maklik om kinders groot te maak nie, niemand het ooit gese dit sal wees nie, maar geniet die hier en nou ... Eendag is hulle uit die huis en gaan jy die saamwees saam met jou kinders mis ...
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Wednesday, 24 August 2011

Goed vir jou buik

Ek kon nie verstaan hoekom ek na twee weke voel of ek heeltyd in my broek wil pieps nie ... Tot ek gaan oplees het op die internet, toe gaan die huis se liggies aan ...

Baie vroue vergeet dat jou buik se spiere verslap en kan veroorsaak dat jou blaas lek ... Of as jy nies, lag of spring ... Dit is 'n aaklige gevoel om heeltyd 'n "noot" te he, maar dan is daar niks ...

Wel, so begin ek nou maar my "pelvic exercise" oftewel keagal-oefeninge ... Weet nie of ek dit nou reg gespel het nie. Baie vroue vergeet blykbaar dat die buik-spiere weer geoefen moet word en ek is een van daardie vroue. Of jy nou 'n keiser gehad het of normaal gekraam het, oefen moet jy oefen.

'n Vrou het eenslag vir my gese 'as ek maar geweet het ek sal blaasprobleme ontwikkel met normale geboorte sou ek eerder 'n keiser laat doen het met beide my kinders' ... Duidelik maak dit nie saak hoe jy kinders gebaar het nie ...

Laat ons maar ons blase in plaas van glase lig om die nood/t te verlig en ons nie iemand nat piepie terwyl jy op hul skoot sit nie. Dit help blykbaar ook vir 'n beter sekslewe, maar ek dink nie daar is baie vroue wat daaraan dink kort na die geboorte van hul babas nie.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Stroop die toekoms weg

Daar is die afgelope tyd so baie nuus oor stropery ... As dit nie renosterhorings is nie, dan is dit perlemoen of kreef.

My man glo dat die perlemoen- en kreef-seisoen vir 'n lang tydperk gesluit moet word ... Vir so tien of twintig jaar. Baie mense sal dadelik in opstand kom oor dit, maar daar is so baie mense wat ondermaat kreef uithaal en onwettig perlemoen uithaal.

Daar is gewoonlik aan die begin van die kreef-seisoen 'n klomp mense wie se bote en nette gekonfiskeer word, net om later 'n verklaring af te le dat die eienaar van die boot nie geweet het dat sy boot vir 'n misdryf gebruik word nie ... En derhalwe vra dat dit terugbesorg word aan hom, omdat hy dit gebruik om te voorsien vir sy familie.

As dinge so aangaan sal ons kinders se kinders eendag wonder hoe 'n kreef of perlemoen smaak of selfs net sien op 'n foto sien hoe 'n kreef gelyk het. Om vinnig geld te probeer maak uit die twee tipes kreatiere is aan die orde van die dag.

Arme renosters word half lewend agtergelaat omdat sy horings op die swartmark verkoop word as opkikker-middel ... Dink dit is dalk tyd dat ons die stropers se mmmm, jul weet wat, begin stroop ... Wonder of dit ook 'n goeie prys sal behaal op die swartmark?

So stroop party mense die toekoms weg vir 'n vinnige rand of twee, ja of seker 'n paar duisend ... Sal dit ooit einde kry of moet ons eers wag dat die diere op die bedreigde spesie lys kom voordat ons iets daaraan doen?
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Monday, 22 August 2011

PTW ... Positiewe Toegevoegde Waarde

Mens se opinie word slegs in ag geneem as jy die persoon sien as iemand wat waarde toevoeg tot jou menswees ...

Woorde is sekerlik een van die kragtigste en mees opbouende of afbrekend wanneer jy nie 'n wag voor jou mond plaas nie ... Ja mens moet selfs mooi dink voordat jy opbouende woorde spreek, of dit motiveer of mense kan dink jy kruip g@t ...

Hoekom is dit dan die afbrekende woorde wat mens onthou. Komplimente skruip by die agterdeur uit wanneer jy negatiewe kommentaar ontvang. Dit is waar positiwiteit en 'n goeie selfbeeld 'n belangrike rol speel.

'n Goeie selfbeeld met houding het my vier-jarige beslis en ek wens ek kan haar beskerm teen die woorde wat nog gaan seermaak in die toekoms. Dit laat my dink aan 'n wonderlike persoon wat ek deur 'n kletsgroep ontmoet het so paar jaar terug. Sy is wreed vermoor en was my hart stukkend, nie net vir haar, haar man en dogtertjie nie, maar vir haar ma ... Hoe kyk jy na jou dogter wat grootword en kon jy maar in die toekoms insien om haar vooraf te waarsku ... 'Wees die beste wat jy kan wees, want jy gaan net tot op 'hierdie' ouderdom leef...'.

Laat dit maar wees 'gelukkig' kan ons nie in die toekoms insien nie, want dan sou ons leef met 'n ewige vrees.

As jy volgende keer daaraan dink om iets lelik te se van iemand, onthou dat spyt te laat kom en jy nie woorde kan terugtrek as dit eers ge-uiter is nie ...

Wees bedagsaam en vriendelik ... As jy iemand beskou as jou 'aards-vyand', moenie dwaal op die verlede nie ... Jy mors onnodige energie en nie almal is dit werd nie. As jy skinder oor mense blyk hulle belangrik genoeg te wees om jou tyd te kan opneem en jy nog oor hulle kan praat.
Jy het die keuse om verbitterd na jou graf te gaan of eerder jou lewe voluit te lewe met positiwiteit.

Voed jou siel met vreugde en wees die beste positiewe toevoeger van waarde tot ander wat net jy kan wees. Daar is egter net een van jou in die wereld!!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Sunday, 21 August 2011

Kaalvoet in die 'plaas'-kombuis

Die voels kwetter in die bome en in die verte die ge-moo van die beeste ... Die lug is skoon, vars en tog koud as jy jou asem uitblaas na die sluk vroeg-more koppie koffie. Die berge en bome le uitgestrek en pragtig in die rooi-oranje oggend son.

Ek wens ... Ek wens vir die stilte en die gevoel wat net 'n plaaskombuis mens kan bied ... Plaaskombuis? Dit gee die gevoel van huislikheid van vergete dae en die reuk van 'n brandende koolstoof.

Wat is dan lekkerder as om 'n kombuistafel te sit en kuier? Die hartjie van die huis ... Waar lang ure spandeer word om nie net ons magies te voed nie, maar ons siele ook. Ek wonder of dit maar die plek was waar vroue hul frustrasies kon uithaal op die koekroller ... Die jare toe vroue nog net ge-ja-en-amen het op hul mans se behoeftes.

Deesdae weet nie veel jong mense van bak-en-brou nie, tensy jy 'n passie het daarvoor. Kyk ek kan nie 'n ordentlike koek bak om my lewe te red nie, maar gee my enige dag die resepte van koekies, gebakte poedings en ander mosterye en ek is voor in die koor. Ek sal natuurlik die opwas na die tyd haat, want ek en 'n wasbak is nie goeie maats nie. Nes ek en 'n strykyster. 'n Strykyster in ons huis sal of vir jaaaaare hou of roes van oud-wees. My swaer het eenslag 'n foto van my geneem waar ek staan en stryk ... Kyk daardie foto moet geraam word vir die geskiedenisboeke.

Hoekom wys hulle nooit op die televisie dat mense klere was of stryk nie ... Hulle almal het seker droogskoonmakers en huishulpe, of 'n feetjie of ouma in die kas wat hulle goed doen.

Dinge het omtrent verander oor die jare. Waar die mans geboer het en die vrouens die kospotte aan die gang gehou het en om die kinders groot te maak, tot vandag waar beide ouers moet werk en ander mense na ons kinders omsien ... En vir die wat dit kan bekostig iemand om jou huis skoon te maak en kos te kook.

Die dae van Tiekies en Ponde na vandag se Sente en Rande ... As die regering maar net ons geld-eenheid se Ponde behou het sou ons tussen tien na elf keer meer verdien het ... Ja dis 'n blonde redenasie, maar dink net, dan kon die vrouens kaalvoet en swanger voor die stoof staan en die mans die Ponde huistoe bring ...


Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Tuesday, 16 August 2011

Vernederende Oomblik

As jy die mees vernederende oomblik onthou, waaraan dink jy?

Ek het 'n paar, nee nie omdat ek blond is nie ... Van ons blonds hou ons maar net onnosel ...

My my het my eenslag na 'n 'fancy' haarsalon geneem in Bellville en ek het die haarkapper geheel en al verkeerd verstaan ... Kom ons se maar die haardroeers het te veel geraas en ek hom nie 'gehoor' het nie ... Hy se vir my ek moet 'n hairsuplement drink en ek se toe 'nee dankie, ek is oraait ...' Ek het onthou my ma het gese jy betaal vir die koffie in die salon en dink toe hy bied nog iets aan waarvoor ek moet betaal ... Blonde oomblik ... Ja!

Ook so die keer toe ek my sleutel van my kamer vergeet het in my toe destyds kerel se motor en ek moet gaan werk in die koffiewinkel op 'n snikhetende dag met my knie-stewels, kort swart rompie en stywe top ... Die mense het my bitter snaaks aangekyk ... Nee, ek het nie 'let's look like a raver on a hot day' probeer wees nie ... Dit sal mens leer om NIE goed soos sleutels te vergeet nie!

Al ooit geval in die publiek? Ek het dit al reggekry om in Tygervallei Winkelsentrum te val terwyl die plek oorlopenstoe vol is ... Gelukkig het ek 'n langbroek aangehad die keer en was die vernedering nie te groot nie.

Jou eerste week van werk ... Op jou senuwees dat alles reg moet verloop en jy buk om 'n pak leers op te tel en los 'n wind ... Terwyl jou baas op die telefoon was en eers 'n tydjie stilgebly het ... Oordat hy seker maar gewonder het of dit hy was of seker oor hy wonder hy reg gehoor het ... Gelul by die ongeluk, dit het nie gestink nie.

Vernederende oomblikke is seker maar 'n manier om ons van tyd tot tyd te herinner dat ons nie te grootkop moet wees nie en dat wanneer iemand vir jou oomblik lag jy ten minste iemand se dag opgebeur het ...

So kom ons lig die koffiebeker, want hier by ons is nie vliegtuie nie, en drink op die volgende vernederende oomblik.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Monday, 15 August 2011

Gebreekte takke van 'n familieboom

Wie is jy as mens ... Wat maak jou hart bollemakiesie slaan en wat ruk jou tot in jou diepste?

So drie jaar terug, dalk bietjie langer, het ek begin navorsing doen oor ons familieboom. Omtrent 'n ingewikkelde storie. As ons land maar net meer inligtingsbronne gehad het. Die storie 'Who do you think you are?' laat dit so maklik lyk, maar begin jy navorsing doen moet jy hier dit en daar dat betaal.

Dit laat my wonder hoekom dit dan is dat daar so 'n groot onskatbare waarde aan die manlike gesag gekoppel word? Die mans dra die van voort en dan nie te praat van die trots wat ervaar word met die geboorte van 'n seun nie. Dit is egter die man wat bepaal wat die geslag is van die baba.

Ek het hard gebid vir 'n seun en met die geboorte van my tweede dogter, besef ek sal op 'n manier moet vrede maak dat ek nie 'n seun vir my man sal kan gee nie. Daar word gese dit maak nie saak nie, maar diep binne my weet ek wat sy hartsbegeerte is ... naas 'n Suzuki motorfiets, hooggeprysde Audi en Volkswagen voertuig natuurlik.

Hoekom is dit dat die vroulike geslag dan so min geag word tot ons kinders moet baar vir ons mans? Nou nie dat dit die enigste rede is waarvoor mans ons aansien nie.

Vandag kan die vrou aandring om haar nooiens-van te behou, maar watter uitwerking het dit op die familiebome? Selfs dieselfde geslag troues ...

Dit laat my wonder hoe familie-bome van die toekoms gaan lyk. 'n Warboel van takke en 'indringers' ... Dis nou aannemings waarvan ek praat. Nie dat aanneming 'n slegte ding is nie.

'n Familieboom met al sy takke word tog een of ander tyd gesnoei om plek te maak vir nuwe 'bome'. Nie dat die plek geneem kan word van die boom waar hy gestaan het nie.

Wanneer jou boom gesnoei word of uitgepluk word met wortel en al, iewers in die toekoms sal dit weer vir een van ons nasate saakmaak waar hul vandaan kom ... En ook wonder wie hul voorvaders is ... So die wortels van jou familieboom sal weer 'nuwe' lewe en betekenis kry, met gebreekte takke en al.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Sunday, 14 August 2011

Traumatiese week

Die week wat verby is was nogal traumaties vir my. Ek kan met alle eerlikheid se ek haat hospitale.

Ek is geboek vir 'n keisersnit wat 8 uur moet plaasvind op die 10de Augustus. So was ek vanplan om die oggend van die 10de eers om 6 uur in te boek. Ja mens kan beplan, maar dit is nie hoe dit uitwerk nie. Met die roetine ondersoek waarvoor ek moes gaan die dag vantevore, word daar vir my gese ek moet 3 uur die middag al inboek. Die rede, ek is mos 'n 'Staats-pasient' en betaal nie daarvoor nie. Ek gee nie om nie, hoe gaan ek geslaap kry!!!

So gebeur dit dan dat ek teen 3 uur ingeboek word en sommer al klaar siek voel omdat ek dan al my nagklere moes aantrek. Hoekom vra die nagpersoneel dan 'slaap jy nie? ...'. Moet ek hul werklik antwoord, EK, die persoon wat hospitale haat en 'n groot vrees vir naalde het. Net voor 6 uur die oggend van die 10de kom die vriendelike nag-manlike-'nurse' om vir my 'n drip in te sit. Sommer tjoef-tjaf en daar sit die naald in my hand en ek staar dit groot-oog aan voordat hy dit met die halfdeurskynende pleister 'toeplak'.

Ek kan nie werklik onthou hoe laat my man daar aangekom het nie. Al wat ek weet is dat ek so rusteloos was van half agt af dat dit gevoel het om ek kan opspring en se 'doen iemand dit tog in my plek asseblief!!'. So word ek toe op 'n ander bed gelaai en na die ouer gedeelte van die hospitaal gestoot waar die teaters is.

Al ooit Texas Chainsaw Massacare gesien? (jammer vir die spelling) dit is hoe dit gevoel het ... Ek word reg in daardie film ingestoot, met die regte ou groen dokter/verpleegster-operasieklere. Die ou mure, die silwer bakke en tafels ... 'n Gevoel van hulpeloosheid en dan sal die verpleegster wragtag vra hoekom ek nie eerder 'n spinaal wil he nie. Toe die dokter vir my verduidelik wat verkeerd kan gaan met die spinaal en dat dit sal kan voorkom of my hart gaan 'stilstaan' maar in werklikheid net stadiger klop, het ek net daar en dan besluit ... Narkose hier kom ek, vir 'n tweede keer ... So hoekom moet ek my daar in die koue gang voor die teater aan die verpleegster verduidelik?

Oorgeklim op die operasie tafel vlek ek maar my bene oop soos 'n skaap ter slagting en wag dat hulle die kateter insit. Een ding is verseker die narkose-inspuiting was vrek seer en die laaste gesig wat ek gesien het was die dokter se gesig deur die gesigmasker. En so word ek toe wakker in die hospitaalkamer net voor 12 uur, dik deur die mis en in erge pyn. Die twee inspuitings wat in my linker-bo-been gegee is het 'n bloukol gelos so groot soos my handpalm.

Dit het alles die Woensdag gebeur en is ek toe ontslaan Vrydag-middag op my aandrang en versoek. Nog nooit was ek so bly om by die huis te wees nie. Toe onthou ek, soos met my eerste keiser, hoe windelos 'n nuwe betekenis ingeneem het.

Al ooit so opgeblaas gevoel van 'n wind wat vassteek dat dit kompleet voel of jy 'n breinaald kan neem en 'n gaatjie in jou maag druk en afblaas soos 'n balon. Ongemak, en dan die melk wat inskop en dit voel of jy skeermeslemmetjies voer deur jou borste. Alles deel van die wonderlike prentjie van (weer) nuwe mamma word.

My man het aan my verduidelik dat daar goed gebeur het in die teater met my, maar soos hy dit vertel het, het ek dit uit my geheue onttrek. Ek is net so dankbaar vir nog 'n wonderlike gesonde dogtertjie, wat rustig en ontspanne is.

Die dag wat ons ontslaan is, was daar 'n nuwe mamma waar hulle nie geweet het of sy dit gaan maak nie. Daar was sprake dat hulle nog moes vasstel of die baba nog lewe en of hulle moeite sou doen om die helikopter uit te stuur. Of die ma wat binne 'n uur na die geboorte van haar baba aanmekaar wil gaan rook en hulle nie alslag weet waar sy is nie ... Ek hoop daardie baba kry kossies om te eet en kry die genoegsame aandag en liefde.

Ek is werklik bevoorreg en dankbaar dat ek lewe, my baba gesond is en dat ek 'n wonderlike man het en ondersteuning het van familie en vriende.

Dit klink soos 'n plaat wat vashak, maar die lewe is werklik te kort ... Wees dankbaar vir alles wat jy het!
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Wednesday, 3 August 2011

Panado

Julle weet van die advertensie van die pappegaai wat heeltyd se Panado ... Wel Panado het vir my ingeheel 'n ander betekenis gekry.

Ek het kraampyne begin kry so paar dae terug, wat ek aangeneem het Braxton Hicks is. Volgens een dokter is dit kraampyne, waar 'n ander die teenoorgestelde se. So is ek opgeneem vir obserwasie (jammer as die spelling verkeerd is) laat Maandag-aand. Pyne elke vyf minute uitmekaar uit en later Dinsdag-oggend het die pyne afgeneem en weer ongereeld geword.

Die een dokter sal wragtag se dit is deel van die swangerskap om maar gereeld pyn te kry en kan maar net Panado voorskryf om dit effens te verlig.

Dit tref my dat ek maar eerder die Panado tussen my twee knie-knoppe moes vashou in plaas van drink ... Dan sou ek nou op 'n medies gewees het, waar ek nie die pyn hoef deur te maak nie. Geld laat die wereld tuimel, veral as jy vir jou gemak wil betaal.

Ek dink ek moet maar 'n houertjie Panado's neem vir die slap-hand-doktertjie en se as hy weer 'n kramp in sy linkersinker kry om eerder die Panado agter in te sit in plaas van drink ... want op die stadium sal die Panado's so veel vir my help as vir hom ...

Monday, 1 August 2011

So oud soos 'n lappieskombers

Vra enige persoon wat al die ryper ouderdomme betree het van bo die sewentigs, sal hulle vir jou se dat hulle gees nog voel soos die van 'n twintig-jarige ...

Die van ons wat gespaar sal bly om die hoe ouderdomme te betree sal eendag tot die besef kom hoe onnodig en gejaagd die lewe is. Ons vergeet van ons oumense wat sukkel om met hul skrale pensioengeldjies deur 'n maand te kom. Dan praat ek nie eens van die eensaamheid wat van hulle ervaar nie.

Ons was op laerskool toe ons vir die oumense rondom valentynsdag gaan sing het en blomme uitgedeel het. Daar was 'n ou tannie wat gedink het een van haar kinders het vir haar kom kuier en was baie opgewonde.

Gaan ons kinders ons eendag vergeet en net nou-en-dan darem 'n oproep kan inwerk in hul besige lewens? Ja ek kan nou-al van die mans en vrouens hoor kla voordat ek die woorde getik het ... Of gaan daar plek in jou woning wees waar jy as oumens deel gaan vorm van jou kinders se huisgesin? Ja, wanneer jou skoonma of skoonpa kom bly by julle ...

Het jy al navraag gedoen hoeveel dit kos om in 'n ouetehuis te woon of een van die selfsorg-eenhede wat 'n elle lange waglys het ... Bele dalk eerder jou geldjies in een van die genoemde opsies as jy te trots sal wees om deel te vorm van jou kinders se gesin ...

Van ons sal hopelik nie as 'n las voel vir ons kinders nie, maar as deel van 'n lappieskombers wat warem hou in die winter ...


Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Saturday, 30 July 2011

Balke vol tevredenheid en splinters van reaksie

As jy die woord tevredenheid hoor waaraan dink jy ...?

Is dit wanneer iets met iemand gebeur wat jy verafsku; wanneer jou salaris genoeg is om 'n selfoon of motor op huurkoop kan aanskaf; wanneer jy 'n resep uit 'n nuwe resepteboek probeer en mense jou komplimenteer oor die gebak lekker smaak?

Soos ek hier sit en tik is ek soos elke ander Suid-Afrikaner met skuld en alle daagse bekommernisse. Tog voel ek vanaand meer as gewoonlik gelukkig en tevrede ... My man is in sy element om 'n vleisie te kan braai en musiek ten aanhore van ons bure te luister. My meisiekind in haar element omdat sy haar lyfie kan rondgooi op die maat van die musiek. En ek, omdat alles in die huis ge-orden en op hul plek is.

Maar so saam met die tevredenheid is my hart tog seer ... Elke aksie het 'n reaksie, en elke reaksie kan 'n maatstaf van tevredenheid wees ... Tevredenheid of afkeuring / goedkeuring van aksies deur jou doening ...

As mense nie saamstem met wat jy doen of gese het nie, laat hulle nie oordeel nie ... Haal egter die balk uit jou eie oog voordat jy die splinter uit iemand anders se oog probeer haal ...
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Thursday, 28 July 2011

Somer-vet en Winter-maer

Die reen val hard teen die vensters en die koue kruip by die venster in wat op 'n skreufie oop is vir die katte. Ek sit en wik en weeg watter tipe vertroostingskos om te maak ... Sop, pannekoek met baie kaneelsuiker, macaroni en kaas, kookkos ...

Baie mense verpes die winter, maar vir my is dit die lekkerste tyd van die jaar. Seker ook maar net oor daar niks lekkerder is wanneer my koue lyf in 'n bad warm water sy hitte kan terugkry nie. Of wanneer ek my yskoue voete in die bed sit waar die waremkombers die koue verdryf het.

Tog is dit ook lekker wanneer dit somer is en daar tot laataand in die buitelug gebraai en gekuier kan word.
Laasgenoemde seisoen is ook net lekker as jy in klere pas wat jou nie soos 'n opgestopte wors laat voel nie. Soos groot rokke wat soos wapperende tente aan mens hang om die wintervetjies weg te steek wat nog klou.

Die wintervetjies is ook maar net daar as gevolg van die vertroostingskos, maar lekker bly maar lekker. Terwyl ek nog my swangerskap as verskoning kan gebruik vir my 'winter'vetjies sal ek maar die resep uitpluk van my skoonma se potpoeding.

Een iets wat ek nie kan agterlaat as die seisoene verander nie, is my soettand. Vra maar vir my man, kom haelstorms of reenweer, sal ek roomys eet.

So as dit weer tyd raak vir somer en vetjies wegsteek agter die tent-rokke, maak net seker jy voer jou vriende vet of kry meer vet vriende, ten minste dan sal jy maerder vertoon langs hulle. Ek gaan maar sukkel om maerder te vertoon langs enige iemand, aangesien wanneer ek langs my man staan ons lyk soos Laurel en Hardy ...hy lank en maer en ek kort en rond ...
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Monday, 25 July 2011

Krewe in 'n sak En emmers vol water

So 'n hele paar jaar gelede het my man se vorige werkgewer vir hom iets vertel wat so gepas is in ons daaglikse lewe ...

Ons almal is soos krewe in 'n sak, voel vasgevang en wanneer een kreef bo probeer uitkom trek die ander hom terug ...

Wat is dit met ons dat ons soos 'n klomp krewe mekaar nie 'n uitkoms gun of plekkie in die son nie? Is ons bang ander maak 'n sukses van hul lewens, terwyl ons nog vasgevang voel in ons sukkel-bestaan?

Tog, soos ek genoem het aan iemand begin van hierdie jaar, as jy dit regkry om jou hand in 'n bak water te druk en daar 'n spasie bly, is jy onmisbaar. Dink dit is meer 'n geval van vervangbaar as onmisbaar ...

In baie gevalle kan jy in 'n oogwink vervang word, maar daar sal 'n tyd kom dan mense besef dat keuses wat uitgevoer word om iemand te vervang nie noodwendig 'n goeie een was nie ...
Soos ons almal weet en al die woorde gespreek het "die wiel sal draai", ek dink dit is eerder "as die bak water 'n gat inkry ..." ... Dan spartel mense om die water wat uitgeloop het vol te kry of te vervang ...

Ek weet ek praat in raaisels vandag, maar ek het eerder toegelaat om water uit my emmer te laat verdamp ... Ten minste het ek nie my emmer met opset omgeskop soos soveel ander wat ek ken nie.

Pas jou emmer water of sak vol krewe op, dit hang egter van jou af watter een jy die swaarste aan wil dra of watter een jy oppas.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Friday, 22 July 2011

Geduld

Toe geduld uitgedeel is die dag, was ek op 'n 'smoke-break'.

Hoekom is dit so moeilik om geduld aan te leer? Neem dit 'n spesiale tipe persoonlikheid of is dit iets wat mens geleer word van kleintyd af? As iemand die antwoord op daardie vrae kan gee, asseblief moenie skaam wees om te deel nie ...

Myns insiens is dat ek so oorgretig is om ordentelike vinnige diens te kry of dadelik 'n antwoord te wagte te wees, dat geduld as enige tipe vorm van bestaan by my verbygaan.

Om geduld te he is om te leer om te wag, wag kan ons Suid-Afrikaners goed doen ... Skakel maar vir een van ons voorste telefoondiens-navrae en jy word getroos met 'n deuntjie wat veronderstel is om jou te laat vergeet hoekom jy in die eerste plek geskakel het.

Ons praat nie eens van die dienste wat gelewer word deur die regering of banke nie ... Lang toue en dan uit te vind jy was in die verkeerde ry ...

Of jy die gawe het om geduldig te wees of soms soos ek wat ongeduldig is, een ding is verseker ... As jy in Suid-Afrika woon sal jy gedwing word om geduld aan te leer, of jy daarvan hou of nie.

Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Thursday, 21 July 2011

Huwelik en egskeiding

In die week het ek na die laaste opname van die program gekyk van Oprah. Sy het iets gese wat so waar is, 'everyone wants to feel validated'...

Ek kan nou nie onthou wat is die afrikaanse woord daarvoor is nie, maar dit is SO waar. Ons almal wil voel ons beteken iets vir iemand en dat dit wat ons se gehoor en verstaan word.

Ons vrouens is mos 'n ingewikkelde spesie en mans kla gedurig hulle verstaan ons nie. Dink tog ons as vroue voel by tye ook dat ons mans nie verstaan nie. Die verskil is dat ons ons mans so goed ken en meestal weet wat hulle gaan doen en se. Dit kan egter nie van alle mans gese word dat hulle ons so goed ken nie.

Dit is ook een van die faktore, buiten seks en geld, hoekom die egskeidingsyfer so hoog is: kommunikasie.

Dit is nie meer soos in die verlede, wanneer jy geskei is, as groot skande beskou word nie. En ek wonder of dit soms as 'n maklike uitweg beskou word? As jy ongelukkig is en die ander party nie saam wil werk aan die huwelik nie, sal dit seker die makliker uitweg is.

Ek praat nie eens van die emosionele en fisiese mishandeling wat kan voorkom in die raamwerk van die huwelik nie. Alles kom rooskleurig voor wat die huwelik betref, maar soms versteek dit wat kan gebeur wanneer mense verander.

Huwelik en egskeiding is nie die twee woorde wat jy saam gebruik wanneer jy dink aan trou nie. Slegs die prentjie van gelukkige sorgevrye dae met die perfekte huis, kinders, werk en saam oudword word aan gedagdroom.

Ek wonder soms hoe die ouer mense wat op die ouderkom van sestien, sewentien getroud is, dit regkry om nog getroud te wees.

Die aspekte rondom die huwelik en egskeiding het soveel diepte, dat mens 'n boek kan skryf daaroor. Al wat ek vra is dat jy jou tyd neem om iemand te leer ken voordat jy trou, want as daar eers kinders is en jy sou skei is dit hulle wat aan die kortste ent trek. En as jy egskeiding in die gesig staar, vir watter rede ookal ... Daar is iemand daar buite wat weet waardeur jy gaan. Jy sal weer eendag gelukkig wees al dink jy nie so nie ...

'Validation does not need to be your only salvation ...find peace in who you are and going to be, either with a life-partner or alone ... Keep your head up and the stars in your eyes, because others does not need to be the only reason you smile!' ...
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Wednesday, 20 July 2011

Doer in die verte

Wanneer die haddidas skree dink ek terug aan die droe gras in die transvaal en die warm somersaande.

Ek mis ook die gesig van die kosmosse wat bosse en bosse langs die pad staan en pruik het. Mooi in wit, pienk en pers.

Ons was al oral in Suid-afrika en tog toe ons so 'n ruk gelede nog na die rooi grond gestaar het in die Noord-kaap het ek verlang na die geraas van die seevoels en die reuk van vars seewater.

Daar word gese, wees versigtig waarvoor jy wens, aangesien ons toe wel teruggekom het Weskus toe. Nou is die reuk van 'vars seelug' vervang met die reuk van vismeel. Ek is soms te bang om my wasgoed op te hang, te bang die reuk trek in die klere in. My man se mos dis die reuk van geld ... Seker waar, maar dit is nog steeds onaangenaam.

In Kathu was alles weer vol rooi stof, soos die wind dit ingedra het en nie eens te praat van die ou pragtige 'klein' reenspinnekoppies wat 'n volwasse man sal laat skree soos 'n dogtertjie nie. Die mooi sonsondergang wat teen die rooi duine skyn en die doringbome wat in rye en rye soos 'n oerwoud voorkom.

So het ons elkeen ons gunsteling onthou oomblikke van plekke waar ons al was. As mens maar net alles in een plek kon vind, kosmosse, seelug en rooi grond ... Natuurlik sonder die spinnekoppe. Hoe wonderlik sou dit net nie wees nie.

Doer in die verte blyk alles beter te wees en mooier, maar verhuis na 'n ander streek en jy mis waar jy was.

Waardeer die mooi dinge waar jy nou is en as daar 'n onaangename reukie is, knyp maar jou neus toe met 'n wasgoedpennetjie ...


Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Tuesday, 19 July 2011

So gelukkig soos 'n anti-depressant

Daar is van ons wat al een of ander stadium te doen gekry het met depressie, hetsy jy dit al self beleef het of iemand ken wat dit gehad het of het.

As jy 'n vrou is en dalk al swanger was en deur die swangerskap depressie ontwikkel het verstaan ek goed waardeur jy gaan. Daardie donker gat wat nimmereindigend voel. Tog sit jy 'n glimlag op jou gesig en niemand weet nie.

Ek het gedink daardie tipe ding gebeur net met ander mense of dit is net stories wat jy lees in tydskrifte. Post natal depression ... Hmmm, wat noem mens dit as jy dit gedurende swangerskap ook het en soos in my geval gehad het toe ek swanger was met my eerste kind. Dit is iets wat ek niemand toewens nie en dit is nie 'n skande as jy dit het nie. Kry vir jou die medikasie by jou dokter, jy hoef nie heeltyd te voel soos 'n lopende tydbom nie.

Hormone is 'n snaakse ding, mans dink mos ons gebruik dit net as verskoning vir ons buie. Dit is egter iets waarmee mens nie grappies maak nie, vra maar vir die vroue wat nou deur menopause gaan, of die wat gereeld pms het. Wonder hoe sou die mans gevaar het as hulle so 'n handvol van jou emosies ten tye van pms gehad het ... O nee wag, daar is mans wat so 'n siekte het, ons noem dit PSS: Pre-Sperm-sindroom ... Ja ok, dit is seker lelik van my, maar daar is van hulle wat daardie siekte het.

Om weer soos jou ou self te voel, voor die depressie, het ons ongelukkig medikasie nodig. Die medikasie kan dalk voorkom in die vorm van iemand wat net kan luister en as jy die pilletjies nodig het ...'So What..' Ten minste het jy die hulp gekry wat jy verdien.

Ek is hierdie keer met my tweede swangerskap egter gelukkig, ek het nog nie 'n teken van depressie agtergekom nie. En as dit moontlik gebeur na my bevalling, sal ek so gelukkig wees soos my volgende anti-depressant ... En ek sal dit neem een dag of pilletjie op 'n slag tot ek weer beter voel.

En as jy wil skinder daaroor en dit jou maak beter voel, gaan maar voort ... Dit maak vir my die wereld se verskil om eerder daar te wees met 'n gesonde gees en gevoel, as my te bekommer dat my naam sal rondloop met die kenteken of brandmerk as depressielyer.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Vergewensgesingheid

Vergewe en vergeet ... Vir party van ons makliker gese as gedaan.

Sodra jy jou in 'n situasie bevind waar jy tot in jou diepste wese seergemaak was of is, kan dit moeilik wees om dit wat jou seergemaak het te vergeet. Ek noem vergeet juis eerste, want ons is vinnig om te se jy vergewe, wat nie altyd die waarheid is nie.

As jy wil weet of daardie persoon jou werklik vergewe het, baklei net 'n slag weer en kyk of die ou koeie uit die sloot klim. Partykeer word daardie ou koeie uitgetel omdat die persoon voel dat jy nie besef hoe seergemaak hy of sy werklik was en nog steeds is nie.

Onthou dat 'n persoon jou slegs kan seermaak as sy of haar opinie of menings vir jou belangrik is en ook net as daardie persoon 'n rol speel in jou lewe. Hoekom jou steur aan mense wat jou gevoelens seermaak wat nie die energie werd is nie.

Party mense is swartgallig en gun nie iemand hul geluk nie en wat ook uit hul pad sal gaan om ander af te kraak. Dit is nie jou skuld hulle is jaloers en begeer wat jy het nie, laat hulle woorde 'soos water oor 'n eend se rug' val en vergewe hulle.

Vergewe hulle volkome, want jy is beter as om op dieselfde vlak te daal as wat hulle is.

Vergeet heeltemal wat hulle spreek, want daardie swartgalligheid kan vasklou aan jou.
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Sunday, 17 July 2011

Onderdanigheid en Respek

Die dae van slawerny is nie werklik iets van die verlede nie, al dink ons so.

Wie van ons het nie al een of ander tyd gevoel of sloof ons af vir iemand wat dit nie waardeer of raaksien nie. En moet tog nie dat ons begin praat oor of ons voel ons word genoeg betaal vir wat ons doen nie ... O Nee, aan die begin by 'n nuwe werksplek sal mense altyd vir jou die goeie goed vertel van 'n plek ... Wag maar so 'n paar maande, dan hoor jy hoe onderbetaald en oorwerk mense is.

Ek sal toegee, daar is plekke wat mooi na hulle 'slawe' omsien en net genoeg doen om hulle tevrede te stel. Die lewe word egter duurder en die klimraam wat salarisse betref het iewers langs die pad 'n trappie of ses gebreek.

Elke oggend gaan ons werk toe om die werk te doen wat jy nie altyd van hou nie. As jy van jou werk hou is jy een van die min gelukkiges.

Onderdanigheid is wat van ons verwag word ... Ons moet onderdanig wees aan die groter gesag, die gesag wat jou salaris betaal aan die einde van die maand.

Respek en onderdanigheid gaan nie gewoonlik hand aan hand nie. Jy kan dalk onderdanigheid afdwing, maar nie respek nie. Wanneer verdien jy respek? Dalk as jy die masjien aan die loop gekry het wat niemand gedink het jy kan nie ... Dalk omdat jy bereid is om daardie ekstra ure in te sit en die werkslading wat hopeloos te veel is in te haal ... Dalk wanneer jy die tyd neem as baas om vir vyf minute te sit en gesels om te hoor hoe dit gaan ... Dalk beteken nie noodwendig dit gaan gebeur nie.

Skuif die onderdanigheid opsy en besef sonder mekaar kan jy nie 'n sukses maak van 'n besigheid nie ...definieer dan die woord respek en sien dan dat elke mens se verduideliking nie dieselfde is nie.

Onderdanigheid word dalk verwag, maar respek is 'n wedersydse gevoel wat nie net van eenkant af verdien word nie.

Jy sal weet of jy die respek van iemand verdien het as hulle nog goeie goed te se het oor jou as jy nie meer daar is nie ...
Sent via my BlackBerry from Vodacom - let your email find you!

Saturday, 16 July 2011

Rokkies wil sy dra ...

Daar was mos so 'n liedjie as ek reg is ... maar dit is geen lied as jy die afgelope tyd lyk soos 'n tent in 'n rok nie.

My meisiekind wil net rokkies dra die afgelope tyd, selfs 'n romp tel as 'n rok. Waar is die tyd toe vrouens met trots 'n rok kon dra, maar daar was ook 'n tyd as jy 'n broek aangetrek het kerk toe waar jy skeef aangekyk is. Tye verander en ek wonder of daar nog werklik van die ander geslag is wat hou van die beeld dat 'n vrou 'n rok aantrek. En ek praat nie nou van rokke wat kan deurgaan as 'n voorbeeld van 'n vergrote belt nie.

Klere het vreeslik duur geraak en as jy kyk wat jy deesdae betaal vir net onderklere is dit 'n wonder mense dra nog enigsins iets om die skaamte te bedek. Seker die dat klere kleiner word ... moet mos wees, hoe kleiner die kledingstuk hoe minder betaal jy. Maar natuurlik maak ek net 'n grap, kyk maar net hoeveel betaal jy vir 'n bikini.

Kledingstukke het 'n simbool van status geword en moet tog net nie dat iemand wat nie by P.E.P koop en net groot handelsnaam kledingstukke uitvind jy het iets by P.E.P gekoop nie ... daardie kyk en dan "... het Pep sulke klere ..." of selfs A.C Kermans ... ja daar is van ons gewone mense wat daarvan hou om eerder met vyf kledingstukke by 'n "goedkoper" winkel uit te stap in plaas van een broek of hemp vir dieselfde prys. Nie dat ek neerkyk op mense wat dit kan bekostig nie, allermins ... as jy kan hoekom nie.


Al ooit daaraan gedink om 'n patroon te kry en self jou klere te maak? Ja ek weet dit is moeite, maar ek is seker jou beursie gaan breer glimlag ... die brandstof wat jy spaar om na die winkelsentrum te ry, jou tyd wat jy spandeer aan soek vir die regte kledingstuk en natuurlik die uithaal van fondse vir jou klere ... Gaan eerder na een winkel, materiaalwinkel waar jy al jou patrone en materiaal kry. As dit nie reg uitkom die eerste keer nie, moenie komkommer nie ... jy spandeer ten minste jou tyd om 'n (nuwe of ou) vaardigheid aan te leer of hernu.

Friday, 15 July 2011

Vroue en motors

Om een of ander rede dink mans ons vroue is absoluut "clueless" as dit kom by motors, nie almal van ons is nie, ek belowe dit ...

Ek sal nou nie 'n motorengine kan oordoen nie of weet hoeveel perdekrag die motor of daardie motor uitstoot nie, maar ek waardeur 'n goeie motor as ek een sien. Het julle al gesien hoe opgewonde mans raak as hulle praat oor een of ander motor ... die gesprek begin gewoonlik met "...het jy gesien / gehoor ..." en dan trek hulle los met volle vaart en 'n gesprek wat vir ure kan duur. En natuurlik die kompeterende sy van die tipe maak van die motor, van Volkswagen, Audi, Mazda tot Toyota.

En natuurlik kan 'n man vir jou 'n situasie verduidelik waar hy motors gebruik om 'n vergelyking te tref ... seker omdat ons as vroulike spesie te simpel is om die eenvoudige te verstaan ne.

Het gister die onderwerp opgebring van "stock-cars" en dis nogal iets wat ek mis ... van die midgets tot die V8's ... laasgenoemde my gunsteling om te kyk. Daardie dreuning om opgewondenheid mee te bring wat enige vrou se hart laat vinniger klop ... Oraait, oraait, seker nie enige vrou nie ... nie alle vrouens hou van die gedreun of lawaai nie. Hoe sal "stock-cars" wees as dit gehou word met sonaangedrewe voertuie ... vrek stil en die gees van die byeenkoms sal ook nie dieselfde wees nie ...

As jou man of vriend vir jou 'n motor kon kies, wat sal dit wees? Ek is nie seker of my man vir my net een gepaste motor sal kan kies nie ... daar is te veel waarvan ek hou. Die ou motors, dit is nou Chev tot Mustang's, is ook van my gunstelinge ... nou nie dat ek weet presies watter jaar hulle uitgekom het nie, of dit nou 50's of 60's is, mooi bly maar mooi.

Ek geniet dit net soveel soos my man om na motorprogramme soos Top Gear of La't Wiel te kyk, dit maak nie van my minder vrou of 'n onnosele dom poppie nie.

En Meneer, as jou vrou nie 'n motorliefhebber is nie, moenie haar blameer nie ... nie almal van ons vroulike spesie het 'n tikkie meganiese bloed in ons nie ... "ek" is "seker" maar net gelukkig (seker maar vanuit my man se oogpunt) ...

Nie almal se belangstellings is dieselfde nie, maar ons kan probeer om mekaar se belangstellings te deel ... ja reg, asof my man skielik 'n belangstelling sal toon in naels doen ...

Thursday, 14 July 2011

Van Volkspele tot Toi-Toi

Maak nie saak watter ouderdom jy is nie, maar een of ander tyd het jy een van die twee gesien ... volkspele of toi-toi. Jy kan dalk vaagweg onthou in geskiedenisboeke hoe toe tannies in hul voortrekkerkappies gelyk het, maar die toi-toi sien jy omtrent elke week op die televisie.

Ek kan nog onthou ons het een of ander stadium in die laerskool volkspele beoefen en later jare die "toi-toi-dans". Jong ek is nie seker oor die spelling van dit nie, maar hier gaan dit, die ippi-tombi-dans. Ons almal wikkel ons lywe of verskillende maniere op verskillende ritmes. Van ons hou van trekklavier-musiek en ander die geraas wat klink soos 'n kettingsaag.

Hoe snaaks sal dit net nie wees om 'n wit massa te sien toi-toi nie of 'n swart massa wat volkspele doen nie. Ja die prentjie kon anders gelyk het vandag, maar ek probeer maar die humor sien in wat was en wat nog kan gebeur. Dit is nie onmoontlik dat volkspele weer 'n tradisionele dans word nie, sal ek dit maar met 'n skuinslaggie en tong in die kies se. Waar in jou lewe sal jy dit weer beleef. Ons jong kinders tel dit dan op hoe om te "bootie-bump" en dan is hulle nog nie eens op skool nie. Ek het maar eers so 'n jaar terug uitgevind wat daardie woord beteken, maar my agterstewe is nie so los om dit al te probeer het nie.

Hoe lekker lag kry ek nou met 'n geestes prentjie van my ouma of oupa wat die bootie-bump probeer. Ag wat, ons moet darem kan lag of net glimlag om die lewe in 'n ligter luim te plaas. Meeste goed in die lewe is so ernsitg.

Volgense keer as mense wil staak en werklik wil aandag trek moet hulle 'n tradisionele volkspeledans doen, DAN moet jy sien hoe hulle aandag trek. Dit sal nou 'n hoofopskrif wees wat niemand sal vergeet nie.

Ag wat, of jy nou wil volkspele doen of wil toi-toi by tye, wikkel jou lyf terwyl jy nog die energie het. Wanneer jy eendag op die ouetehuis se stoep sit met die geruite komberse oor jou kniee, sal jy dalk wens jy kan enige vorm van beweging nog doen en onthou hoe jy jou lyf gewikkel het.

So wanneer jy daardie verhoging kry toi-toi bietjie van dankbaarheid in jou baas se kantoor en as hy/sy dit nie wil gee nie, doen die volkspeledans om jou misnoe te toon. As jy nie weet hoe om laasgenoemde te doen nie, soek dit op op die internet ... iewers sal daar sekerlik iets wees daaroor.

Wednesday, 13 July 2011

Tevredenheid

Ek wonder of dit werklik 'n woord moet wees ... tevredenheid ...

So 'n hele paar terug het ek 'n afgetrede landdros 'n boek help tik genaamd Gestruktureerde Chaos. 'n Gepaste naam vir die regsprofessie en wat hy alles beleef het as opkomende landdros in die apartheidsjare. Ten tye van die neerle van woorde na skrif was ons besig om sy egskeiding te behartig. 'n Paar weke na die boek klaar getik is, is die afgetrede landdros oorlede in 'n motorongeluk. Wat hy nagelaat het was sy herinneringe op papier ... Ek het dit al vir 'n paar mense gestuur om te lees, weet nie eers of sy kinders en (amper eks-)vrou weet van die boek nie. Weet ook nie of dit gepubliseer is nie. Jip, hier is ek alweer wat iemand se bestaan wil laat onthou en voortleef, seker 'n swakheid wat ek het.

Wie van ons is werklik tevrede met wat ons het of wie ons is? Jare ... jare terug toe jy nog op die skoolbanke gesit het en gedagdroom het oor wat jy gaan doen met jou lewe en hoe jy dink dit gaan wees ... ekke ... hmmm, sou 'n silwer volla ry, my eie woonstel he en kunste geswot het ... of enige iets wat met teken te doen het. Waar beland ek toe? Van timmer en kap tot die wonderlike wereld van die regte. Nee, nie as prokureur gaan leer nie .. met watse geld ... kon seker 'n plan gemaak het, maar ek het nie gedink ek sal so lank as regssekretaresse werk nie. Daar was tye wat ek geensins tevrede was met die werk of mense saam met wie ek gewerk het nie. Het nie altyd saamgestem met wat gebeur nie, maar later het ek dit begin geniet. Daar was tog 'n manier wat ek mense kon help, help wat 'n skouer nodig gehad het om op te huil of net 'n oor om te luister hoe moeilik die lewe hulle behandel. Dit het my die tevredenheid gebied by tye dat ek in 'n mate nuttig was om iemand se las te verlig.

Meeste van ons dink met ons gaan dit die slegste ... maar daar is soveel mense wat jy verby loop in die strate of winkel en nie eens weet waardeur hulle gaan nie. Die man wat sy vrou aan die dood afgestaan het vir 'n "roetine" operasie net voor hulle op vakansie sou gaan; die vrou en kinders wat deur haar hoogs beroepsgeleerde man by tye in die kamer toegesluit word sonder kos; die drie vriendinne wat giggel en 'n arme seun fals beskuldig het van verkragting ... ja met ons almal gaan dit een of ander tyd sleg, maar niks waaroor ons werklik kan kla nie.

So ook het ek 'n man ontmoet wat nie werklik wou skei nie en daar net vertroosting was wat ek hom kon bied deur te se dat die Here 'n plan het met alles en dat daar dalk nog hoop is ... een middag was hy oppad na ons kantore vir 'n konsultasie en het 'n vragmotor afgejaag gekom na 'n kruising waar daar gedurig ongelukke plaasvind ... die uiteinde ... hy is opslag dood 200 meter van ons kantoorblok af. Die groterige sedan motor het gelyk na 'n mini vanuit ons kantoorvensters. Sy seun en (amper eks-) vrou was later by ons kantore en al vertroostende woorde wat ek haar kon bied is dat hy die laaste paar weke baie oor die Here gepraat het. Ek wonder of jy dan eers besef hoe onbenullig dit is om oor klein goedjies te baklei en tog vrede sou kon maak ...

Spyt kom altyd te laat en dit leer ons almal een of ander tyd in ons lewens ... maar ek dink tevredenheid kom altyd te laat ... as jy eerder tevrede is of leer om te wees oor wat jy nie kan verander nie sal soveel dinge anders wees.

Eendag lank lank gelede

Ek onthou nog 'n boek wat ons op skool gelees het waar die storie begin met "hulle het lank en gelukkig saam gelewe" ...

Sal nogal wonderlik wees as almal se lewens soos 'n sprokiesverhaal kon wees. Tog hou party mense van voorgee ... of is dit ons wat te onnosel is om te sien dat mense net voorgee en nie wys wie hulle werklik is nie. Mens is geneig om gevolgtrekkings te maak van wat ons sien, soos al die fotos van "goeie" tye, maar wie van ons sal fotos toon waar dit sleg gaan ... wie neem in elk geval sulke fotos?

Dit laat my dink aan kiekies wat die ouer mense nog geneem het op begrafnisse ... ons doen dit nie meer nie, of sal ek eerder se nie van die mense wat by die grafte treur nie. Neem fotos na of voor die tyd, aangesien meeste families mekaar net sien op troues en begrafnisse en tog 'n herinnering wil he van hoe daardie persoon of persone nou lyk.

Wat is jou gunsteling "onthou" oomblik van toentertyd? Myne is die gekraai van hoenders vroeg in die oggend, radio wat speel in die vroegoggend ure waar ouma en oupa sit en gesels of die laat aande nadat ek terug gekom het van 'n dans en ek en my ma koffie sit en drink het en gesels oor wat alles gebeur het.

Wat vir my ook wonderlik is, is die ou kiekies van mense jare gelede, maar tog ook hartseer aangesien ek nooit vir ouma kon vra wie al die mense in dit is nie. Die stories wat vertel was van die persone in die kiekies of selfs die verlore briefie of drie toe ons nog vir mekaar geskryf het.

Ons doen nie meer die moeite om vir mekaar te skryf nie ... dit is so waar wat 'n vriend nou onlangs gese het ... "ons braai minder by mekaar, omdat daar te veel ge"facebook"; ge"twitter"; ge"email" of ge"bbm" word" ... dit is nou vinniger om kontak te maak met mekaar en te hoor hoe dit gaan, maar die fisiese kuiertjies raak minder.

Wat gaan jou / ons kinders eendag onthou van "lank lank gelede"? Dit wat ons vandag doen, maak die "lank lank geledes" vir ons kinders. Probeer plek skep in jou lewe waar jy herinneringe maak wat altyd na aan die hart van jou kinders kan wees.


Of dit nou die reuk van anysbeskuit en moerkoffie is, 'n kampeerplekkie iewers in die bos of vakansieplekkie by die see ... een of ander tyd skep jy 'n blywende goeie lank lank gelede ... moet dit nooit vergeet nie!